VRAAG: Indien God almagtig is, waarom laat Hy Satan toe om die “god van hierdie wêreld” te wees? (2 Korinthiërs 4:4).

ANTWOORD: Die Skrif maak dit duidelik dat die duiwel – Satan – tans in beheer van die planeet Aarde is. Jesus Christus het Self kort voor Sy inhegtenisneming en kruisiging Satan se gesag erken: “Ek sal nie veel meer met julle spreek nie; want die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie” (Johannes 14:30).

Hoe oefen die duiwel sy heerskappy uit? Wêreldgebeure word deur Satan beïnvloed deur sy bose idees in die denke van die mens te plaas, baie soos ’n TV-sender wat sy seine in die lug uitsaai om in mense se huise ontvang te word. Hierdie ooreenkoms kan ons help om in te sien waarom die Skrif so oor Satan skryf: “... die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander” (Efésiërs 2:2-3).

Was daar altyd ’n Satan? Nee! God het ’n wyse en pragtige aartsengel met die naam Lucifer geskape – hy het saam met Michael en Gabriel by God se troon in die hemel gedien. Waarom het hierdie Lucifer (Latyns vir “lig-bringer” of “môrester”) geval en Satan (Hebreeus vir “aanklaer” of “teenstander”) geword? U kan hieroor in Eségiël 28:12-15 en Lukas 10:18 lees.

Lucifer en ’n derde van die engele (Openbaring 12:3-4) het teen hulle Skepper in opstand gekom. Op ’n sekere punt in die verre verlede, het Lucifer hierdie engele gelei “bo die hoogtes van die wolke” om die troon van God oor te neem (Jesaja 14:13-14). Hulle het hul “eie woning” of aangewese verantwoordelikheid (Judas :6) wat onder die wolke hier op hierdie aarde was verlaat. Na hulle onsuksesvolle poging was hulle na die Aarde teruggewerp (Jesaja 14:12).

Satan het in sy opstand misluk, maar hy bly in die amp wat God aan hom gegee het, waar hy ironies genoeg, steeds instrumenteel in God se plan is. U sien, huidiglik spandeer die mens 6,000 jaar om volgens hulle eie manier te leef en word só deur Satan se gees van selfsug en boosheid beïnvloed. Met hulle eie bloed, sweet en trane, word die geskiedenis geskryf van hoe dit is om in ongehoorsaamheid aan God te leef.

God het n plan

Die lid van die Godgesin wie Jesus Christus geword het, het ’n bietjie meer as 2,000 jaar gelede as ’n mens na die aarde gekom (Johannes 1:1, 14). Deur Sy volmaakte lewe te leef – wat sonder maat met die Heilige Gees gevul is – het Hy getoon dat die mens met God se hulp in gehoorsaamheid aan God kan leef en dus Satan se lewenswyse kan verwerp (Galasiërs 2:20).

As gevolg van Jesus Christus sal Satan se heerskappy binnekort op die aarde tot ’n einde kom. Dit is waarom die duiwel net as die god van “hierdie tydperk” bekend staan. Binnekort sal daar ’n tydperk aanbreek wanneer Jesus Christus vir Satan as die owerste van hierdie wêreld sal vervang. Daardie tydperk word “die Millennium” genoem. Jesus Christus wie as ’n mens na die aarde gekom het en ’n volmaakte, sondelose lewe gelei het, sal as Koning terugkeer en Satan uit sy heerskappy verwyder.

Aangesien die Millennium nog nie hier is nie, wat kan ons doen om die bose gevolge van Satan se heerskappy te ontsnap? Diegene wat Jesus Christus se offer aanvaar, kan deur die krag van die Heilige Gees nou onder God se Regering kom en krag ontvang om Satan se invloed in hulle lewens te weerstaan. “Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!” (Jakobus 4:7-8).

God kyk om te sien wie aan Jesus Christus gehoorsaam is en wie hulle aan boosheid oorgee. “Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is? En as die regverdige nouliks gered word, waar sal die goddelose en die sondaar verskyn?” (1 Petrus 4:17-18).

Wanneer die Vredevors terugkeer om Sy Regering oor alle nasies te vestig, sal Satan se heerskappy beëindig word. “Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word” (Johannes 12:31). Mag God daardie dag bespoedig!