Baie mense weet van God. Ken hulle Hom egter werklik? Die waarheid mag u verras!


“Hoe goed is dit tog nie om God hierdie oggend te ken nie” sê die emosionele prediker.
“Amen,” herhaal verskeie mense in die gemeente.

Het u al mense op hierdie welsprekende manier van hulle God en Skepper hoor praat? Sulke mense glo eerlik dat hulle die Ewige God verheerlik deur hierdie tipe van gesegdes. Hulle is – oor die algemeen – blykbaar heel opreg. Baie mense wat nie godsdienstig is nie, veral daardie wat minder emosioneel is, glimlag net in die mou wanneer hulle dit hoor – en voel dat hierdie sentimentele mense mislei is om godsdiens te gebruik as manier om “stoom af te blaas”.

Maar, ken enige van hierdie mense die Here enigsins? Indien ons ons persoonlike gevoelens en vooropgestelde idees ter syde stel, hoe kan ons werklik God “leer ken”?

God openbaar Sy aard

Daar is drie basiese maniere wat u kan aanwend om die ware God – die Skepper van die ganse heelal – te leer ken en Hom werklik te verstaan. Die eerste manier is om noukeurig ag te slaan op alles wat God tot stand gebring het – Sy skepping – dít wat ons soms die “natuur” noem. Die apostel Paulus het dit geweet. Hy was geïnspireer om te skryf: “Want Sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in Sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik Sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie” (Romeine 1:20).

God se allerhoogste intelligensie is so sigbaar in Sy skepping dat die ateïs wat God se bestaan betwis, heeltemal sonder verskoning is. Hierdie is ’n wetsgehoorsame heelal. God word duidelik in die natuur geopenbaar as ’n God van wet en orde – met die opperste wysheid en doelgerigtheid agter elke ding wat Hy doen.

Probeer om die wet van gravitasie te verbreek! Die eenheid van die natuur – die standvastigheid van onverbreekbare wette – dui op die aard en karakter van die Skepper. God se skepping het nie geëvolueer nie! Die wette het nog altyd dieselfde gebly. Charles Darwin se eie seun het gesê: “Ons kan nie bewys dat ’n enkele spesie verander het nie”. God het in Genesis 1:25 bepaal dat elke plant en dier “volgens sy soort” sal vermeerder. Nog nie een enkele keer is hierdie bepaling geskend nie.

God se wette verander nie! Die hele skepping basuin hierdie waarheid uit. Hierdie beginsel geld vir geestelike sowel as fisiese dinge. Bestudeer God se skepping indien u werklik daarna streef om u Skepper te verstaan. Die Bybel sowel as die “natuur” leer ons albei dat God se plan en Sy wette nie verander nie. “Die werke van Sy hande is trou en reg;al Sy bevele is betroubaarVasgestel is hulle vir altyd, vir ewig, uitgevoer in trou en opregtheid” (Psalm 111:7-8).

’n Tweede getuie word benodig

In teenstelling met die eenparige bewyse uit die natuur, is menslike wesens verdeeld en verward in hulle idees van God. Daar is al gesê: “Die mens het God geskape na sy eie beeld”. In die meeste gevalle is dit waar!

Mense uit elke nasie en taal het nog altyd iets aanbid maar hulle “god” is gewoonlik die produk van hul eie verbeelding – ’n god wat ooreenstem met hul teenswoordigemenslike standaarde, wette en maniere van na dinge kyk.

Selfs vandag lees die meeste belydende “Christene” hulle eie idees oor God in die Bybel in. Ons ken almal mense wat aan God dink as ’n goedhartige, sentimentele en baie preutse ou kêrel wat tot trane geskok sal word en heeltemal ontsteld sal wees indien enige van sy kinders na ’n dans sou gaan of ’n glasie wyn sou drink. Hulle konsep van God is net so eng en beperk as hul eie omgewing, opvoeding en geestelike uitkyk op die lewe.

Ander mense gaan weer na die teenoorgestelde uiterste. Hulle dink aan God as ’n ver-weg geestelike mag, wat weinig of geen direkte omgang met die menslike gesin het nie. Hulle verbeel hulself dat God “wys” genoeg is om ons in vrede te laat om ons eie vermaak, samelewing en wette te kies – selfs ons eie godsdiens op die manier wat ons daarvan hou. Sulke mense dink hulle is filosofies, kosmopolities en “modern”. Hulle sien God dus volgens hulle eie beeld!

Die Heilige Bybel is die geopenbaarde woord van die Skepper God. Dit is geskryf om aan ons die aard van God te toon, hoe ons moet leef en hoe ons Hom moet aanbid, sodat ons Sy kinders mag word. Deur pligsgetrou u Bybel te bestudeer is die tweede manier om God te leer ken. Dit is die tweede getuie wat nodig is om die mensdom se verwarde idees oor God die nek in te slaan.

Die Bybel dra gesag

Indien u bewys het en werklik glo dat die Bybel God se geïnspireerde openbaring aan die mens is, dan behoort u duidelik te besef dat daar nie met God se Woord geargumenteer kan word nie – of Sy Woord valslik geïnterpreteer mag word om gunsteling leerstellings te ondersteun nie.

Ons het moontlik ons eie vooropgestelde menslike idees oor God. Indien ons egter na die waarheid verlang, moet ons dit ter syde stel en God se Woord ondersoek om uit te vind hoe Hy Homself aan ons openbaar. Onthou: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid” (2 Timotheüs 3:16). Die doel van die Bybel is om ons te korrigeer en ons tereg te wys – om aan ons te toon waar ons verkeerd is. Sal ons dit toelaat?

God sê: “Want Ek, die Here, het nie verander nie” (Maleagi 3:6). Ons vind ook “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid” (Hebreërs 13:8). Die Vader en die Seun verander nie wispelturig hulle planne en beginsels nie – of Hulle wette nie. Hulle “verander nie”.

In hierdie stadium is dit belangrik om te onthou dat Christus die God of “Here” van die Ou Testament is! In Johannes 1:1-5 vind ons dat Christus die “Woord” of “Segsman”was wat sedert die heel begin saam met die Vader was. Alle dinge is deur Jesus Christus geskape (vers 3; Kolossense 1:16). Christus was die geestelike “Rots” wat die kinders van Israel beskerm het en dit was Hy wat aan hulle die Tien Gebooie gegee het (1 Korinthiërs 10:1-6).

God in die persoon van Jesus Christus is die Een wat die Wet gegee het wat deur meeste predikante vandag geminag word! Waarom sluit die mense hul oë vir die Christus wat die opperste Wetgewer is? Dink hulle miskien Christus het verander?

U Bybel sê dat Hy nie verander het nie! 
God se metodes en wette is konsekwent vanaf Genesis tot Openbaring. Die meeste selfaangestelde predikers faal egter om dit te besef en sal praat van die “God van die Ou Testament” in teenstelling met Christus van die Nuwe Testament. Hulle beweer selfs dat Christus die evangelie verkondig het, maar dat Paulus ’n ander evangelie verkondig het. Hierdie predikante is verward.

In Openbaring 17:5 noem God hierdie deurmekaar, verdeelde stelsel “die Groot Babilon” – wat letterlik “groot verwarring” beteken. God se ware volk word beveel om uitdaardie stelsel te kom (Openbaring 18:4).

Waarom?
Omdat die mense in daardie stelsel nie die ware God ken nie! Satan het sy eie vals dienaars wat lyk asof hulle dienaars van geregtigheid is (2 Korinthiërs 11:15). Hierdie valseleraars mislei die mense, “naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het” (2 Korinthiërs 4:4).

Hoe kan hierdie mense dan so maklik mislei word? Eerstens, omdat hulle menslike tradisie en die se leraars blindelings navolg en derhalwe ’n valse konsep van God het.Tweedens, omdat hulle geestelik te lui is om die Bybel te bestudeer en só die ware God en Sy weg te leer ken.

Die Bybel is konsekwent

Van Genesis tot Openbaring word God openbaar as die Skepper, die Heerser en die potensiële geestelike Vader van die mensdom. In Genesis 2:17 het God die eerste mensbeveel om nie van die boom van kennis van goed en kwaad te eet nie. Adam was egter hardkoppig en ongehoorsaam aan hierdie gebod en het so die doodstraf op die hals gehaal. God het Homself as die Heerser openbaar en Sy onderdane was ongehoorsaam.

Nog lank voordat God die Ou Verbond ingestel het, het Hy Abraham geseën – omdat hy God se wette gehoorsaam en Sy gebooie onderhou het (Genesis 26:5). Abraham hetGod geken as sy Opperheerser.

Na die Israeliete se uittog uit Egipte, het God aan hulle Sy gebooie gegee, wat sedert Jakob se dae vir hulle verlore geraak het. Hulle sou regeer word deur God se wette, die enigste wette wat werklik geluk kan bring maar die Israeliete – wat dieselfde menslike aard gehad het as ons vandag – was ongehoorsaam aan God en is in ballingskap weggevoer.

Waarom? Omdat hulle geweier het om God te erken – om God te ken – as hulle Opperheerser.

Jesus het die Vader openbaar

Jesus het in die vlees gekom om die Vader te “openbaar”. Hy het gewys dat God se Wet van krag sal wees totdat die hemel en die aarde verbygaan (Mattheüs 5:18). Christus het nie gekom om die Wet tot niet te maak nie [te ontbind nie], maar om dit te vervul (vers 17). Onthou, vervul beteken om iets te doen of uit te voernie om daarmee weg te doen nie. Toe ’n jong man aan Jesus gevra het hoe om gered te word, was aan hom gesê om die gebooie te onderhou (Mattheüs 19:17).

Jesus het ons geleer dat Christene nie langer die administrasie van die siviele statute en oordele ten opsigte van wetverbreking moet uitvoer nie (Johannes 8:1-8). Christus se volgelinge moet nie meer straf aan oortreders voltrek nie (Mattheüs 7:1-5). Die rituele en wêreldlike ordinansies van die Ou Testament is deur Christus se offerande vervul (Kolossense 2:14; Hebreërs 7:27). Nogtans is dit daardie selfde offerande en die Heilige Gees wat nou in ware Christene leef, wat ons in staat stel om die geestelike gebooie te onderhou (Mattheüs 5:19).

Waarlik, Jesus se hele bediening was ’n openbaring van God as die opperste Wetgewer en Heerser. Christus het die goeie nuus van die komende Koninkryk – regering – van God verkondig (Markus 1:14). Dít is die ware evangelie – die goeie nuus van God se regering, God se heerskappy!

Die einste grondslag van Christus se leerstelling was dat “die mens nie van brood alleen sal leef nie, maar van elke woord wat uit die mond van God uitgaan” (Mattheüs 4:4). Watter woord? Watter God? Die Jode van Jesus se dag het baie goed geweet Christus verwys na die God van die Ou Testament – die Gewer van die Wet – wat Israel gaanregeer. Die enigste “woord” van die ware God gedurende daardie tyd, was die Ou Testament in Bybel! Jesus het na die “Wet” verwys – die boeke van die Ou Testament – as die Skrif en Hy sê: “... die Skrif [kan] nie verbreek ... word nie” (Johannes 10:35).

Ja, u word beveel om te leef volgens elke woord van die ware God, soos wat dit deur Jesus Christus openbaar is in die Ou en in die Nuwe Testamente van u Bybel. Ken u daardie God? Of dink u Christus het nie geweet waarvan Hy praat nie?

Wees asseblief ontvanklik vir hierdie waarheid!

Christus ons voorbeeld

Die meeste belydende “Christen”-predikante praat van Christus as ’n soort van held of Redder, maar hulle verseg om Sy evangelieSy leerstellings of Sy voorbeeld te erken. Hulle beeld Jesus tydens Kersfees uit as ’n skattige maar hulpelose babatjie en as ’n Redder of Verlosser wat “ver weg na die hemel” gegaan het tydens Paasfees (Easter)! Hulle opvatting is dat Hy gekom het om vir die mensdom te sterf, maar dat Sy leerstellings vandag geen gesag dra nie!

U Bybel sê presies die teenoorgestelde!
Ons lees in Johannes 1:4 dat Jesus se lewe die “lig” van die mense was. Dit was om hulle God se weg van lewe te wys. Petrus was geïnspireer om te skryf: “Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle ’n voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg” (1 Petrus 2:21). Asook: “Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het” (1 Johannes 2:6).

Jesus is ons volmaakte voorbeeld! Diegene wat beweer dat hulle Christene is – dat hulle in “Hom bly” – behoort ook self te leef soos Hy geleef het! Doen u dit? Indien u nie in Jesus glo en poog om Sy voorbeeld te volg nie, dan verstaan u nie watter soort God die ware God is nie. U is dan onkundig oor hoe om die God en Vader van Jesus Christus te aanbid en te gehoorsaam.

Wat was Jesus se voorbeeld?
Jesus se ganse lewe was ’n volmaakte voorbeeld van gehoorsaamheid aan God se Wet en Sy heerskappy! Hy sê; “As julle My gebooie bewaar, sal julle in My liefde bly, net soos Ek die gebooie van My Vader bewaar en in Sy liefde bly” (Johannes 15:10). Sy eie onderwysing was eenvoudig ’n uitbreiding van God se Wet (Jesaja 42:21). In werklikheid het Hy in die vlees gekom om Sy eie Wet – die Tien Gebooie – uit te brei! Onthou, Hy was die God van die Ou Testament wat self die Tien Gebooie gegee en met Israel omgegaan het (1 Korinthiërs 10:1-6).

Toe Hy mens geword het, het Jesus daardie Wet onderhou en sodoende vir ons ’n voorbeeld gestel. Hy was ons “lig,” ons voorbeeld. ’n Ware Christen is iemand wat Christus volg – wat daardie voorbeeld volg.

Begin u nou insien wat die ware aard van die lewende God is? 
Hy is die Een wat al die fisiese en geestelike wette, magte en kragte in werking gestel het. Hy het ’n oorhoofse plan met hierdie aarde – Hy is die Opperheerser!

Die Woord het in die vlees gekom as Jesus Christus, om die goeie nuus van God se koninkryk – Sy regering – te verkondig. Jesus het altyd daardie evangelie verkondig. Filippus het dit verkondig (Handelinge 8:12). Die apostel Paulus het dit dwarsdeur sy hele bediening verkondig – selfs aan die nie-Jode in Rome (Handelinge 28:31). Dit is dieenigste ware evangelie!

God se karakter

God is ’n heerser. Indien ons Sy verwekte kinders word deur bekering, doop en ontvangs van die Heilige Gees (Handelinge 2:38), dan kan ons tot in Sy Koninkryk “wedergebore” word (Johannes 3:1-8). Ons kan verander word – werklik gebore word – geestelik as ’n letterlike seun van God! God reproduseer Homself! Hy, die Skepper van en Heerser oor die hele heelal, verwek nou menslike wesens deur Sy Gees om gebore te word as Sy seuns – om in Sy eie gesin te wees en die ewige lewe te beërwe. Voordat God ons egter Sy eie seuns sal maak en aan ons die ewige lewe skenk, moet ons eers leer hoe om te lewe.

Ons moet God se wysheid ontwikkel – Sy karakter. Ons moet “leef volgens elke woord van God”. Omdat ons besef dat ons Skepper die beste weet, behoort ons Hom tegehoorsaam. Om dit te ontken, beteken erkenning van volslae onkunde oor die Ewige God se groot wysheid en doel. Dit dui op ’n gebrek aan begrip rakende die karakter van die ware God.

Die apostel Johannes som dit só op wanneer hy oor Christus skryf – die God van die Ou Testament, die Gewer van die Wet: “Hy wat sê: Ek ken Hom – en Sy gebooie nie bewaar nie – is ’n leuenaar en in hom is die waarheid nie” (1 Johannes 2:4).

God Self noem wettelose predikante leuenaars wanneer hulle probeer om die outoriteit van Sy heerskappy, die wysheid van Sy Wet en die werklike basis van Sy grootdoelstelling te misken!

Dit is tyd om wakker te word! Mag God u help dat dit u berou omdat u Sy regering verontagsaam het, Sy wette verbreek het en u lei om Christus as u Verlosser van sonde, aan te neem. Dan kan u begin om God se karakter te ontwikkel en om in die opstanding uit die Gees gebore te word as Sy seun. Dit is nodig dat u die ware God leer ken as u Vader.

Praat met God

Wanneer u werklik begin om die ware God te ken – die God wat deur Jesus Christus geopenbaar is – sal u met Hom wil praat. U kan in gebed met Hom praat. Dit is die derdemanier waarvolgens u werklik daartoe in staat is om die ware God te leer ken.

Wanneer u begin om God op hierdie manier te leer ken, sal u gou besef dat u God moet gehoorsaam indien u ’n antwoord verwag. U sal ook uitvind dat God liefde is en dat Hy graag aan enige versoek van u wil voldoen soos wat vir u in die omstandighede die beste is. U sal uitvind dat Hy die mag het om u te genees wanneer u siek is, om u op wonderbaarlike wyses van probleme te verlos en om u te seën op maniere wat bo menslike begrip is.

Dus, begin om God te leer ken deur elke dag met Hom te praat!

Onthou – die gesamentlike bewyse van die natuur, van die Bybel en van beantwoorde gebede openbaar almal dieselfde ware God. Hy is die Alwyse, Almagtige, Wetgewende Heerser van die heelal. Hy is u Vader. Ek hoop sal gewillig sal wees om Sy regering te erken, Sy wette te gehoorsaam en die ewige lewe as Sy kind te beërwe!