Waarheen is “die Christendom” op pad?

Terwyl die wêreld se aandag gefokus was op die oorloë in Irak en Afganistan, internasionale terrorisme, weerverwante rampe, aardbewings, aardverwarming en die onstabiele wêreldwye ekonomie, is ’n ander baie belangrike neiging stilweg besig om te ontwikkel net onder die radar van die wêreldse pers. Hierdie onverwagte ontwikkeling – die herrysing van godsdiens in wêreldsake, die groeiende prominensie van die Rooms-Katolieke Kerk en die invloed van daardie kerk se pouse, asook die beweging van ander belydende Christelike Kerke terug na Rome – sal ’n ontsagwekkende invloed hê op die Westerse wêreld en die res van die planeet in die jare wat binnekort voorlê. Alhoewel verskeie oppervlakkige aspekte van hierdie toenemend duidelike neiging gereeld in die nuus vermeld word, word die profetiese belangrikheid van hierdie verwante gebeurtenisse hoofsaaklik oor die hoof gesien. Dit is nodig dat u verstaan hoe huidige godsdienstige ontwikkelings antieke Bybelse profesieë vervulwaarheen hulle neig en hoe hulle u sal affekteer!

Herrysing van godsdiens en Rome

Geleerdes soos Samuel Huntington en Karen Armstrong het opgemerk dat die herrysing van godsdiens as ’n belangrike faktor in wêreldsake, een van die groot verrassings van die 21ste eeu is. Vir dekades het akademici en politici die “teorie van  sekularisasie [verwêreldliking]” aanvaar – die idee dat modernisasie en sekularisasie [verwêreldliking] van die gemeenskap, godsdiens in die niet sal laat verdwyn. Net mooi die teenoorgestelde het egter gebeur! Soos sosioloog Peter Berger waargeneem het het die dramatiese oplewing van godsdiens oor die laaste 25 jaar, ’n “bewys gelewer dat hierdie ‘n groot vals idee  is” (The Desecularization of the World: Resurgent Religion and World Politics, bl. 6). In werklikheid is die vinnigste groeiende godsdienstige organisasies “fundamentalistiese” sektes en kerke met duidelike geloofsoortuigings en sterk morele kodes. In teenstelling daarmee, is liberale hoofstroom-denominasies wat probeer om die neigings en giere in die gemeenskap te akkommodeer – maklike egskeidings, aborsie, dieselfde-geslag-huwelike, verordinering van vroue en homofiele  – besig om in ledetal toe te neem!

Die Rooms-Katolieke Kerk was op die voorpunt van die “Kultuur-oorloë” wat konserwatiewe godsdienstiges aangehits het teen hulle liberale teenstanders. Pous Benediktus XVI het, net soos sy voorganger Pous Johannes Paulus II, sterk dogmatiese  standpunt ingeneem in kwessies wat kosbaar is in “tradisionele” Christelikheid – die verwerping van gewettigde aborsie, huwelike deur lede van dieselfde geslag en verwêreldliking, terwyl die heiligheid van die heteroseksuele huwelik, die belangrikheid van Sondag-aanbidding en die noodsaaklikheid om die wêreld se buitensporige materialisme te vermy, hooggehou word.

Dit is dikwels vandag se jeug wat die meeste aangetrokke voel tot tradisionele standpunte in die “Kultuur-oorloë”. Dit is betekenisvol dat Wêreldjeugdae wat eers deur Pous Johannes Paulus II bevorder was en nou deur Benediktus XVI, honderde duisende jong mense aangetrek het wie ‘n behoefte het om morele lewens te lei, materialistiese waardes te verwerp en die Rooms-Katolieke geloof aan te hang (Charlotte Observer, 21 Julie 2008).

Historikus Paul Johnson merk op dat, gedurende sy 25-jaarlange diens as pous, het Johannes Paulus II ’n “superster” geword – ’n wêreldfiguur wat ’n deurslaggewende rol gespeel het in die ineenstorting van kommunisme (sien Heroes, bll. 253-273), en wie herhaaldelik by Europeërs  aangedring het om hul Rooms-Katolieke godsdienstige wortels te “ontdek”.

Baie Protestante het die “konserwatiewe” bewegings van die Roomse Kerk verwelkom; en baie Katolieke sien die pouslike omarming van tradisie as ’n bevestiging van Rome se status as die “een ware kerk”, maar hierdie standpunte ignoreer wat Bybelse profesieë openbaar oor heersende gebeure. In die beskrywing van die Vier Perderuiters van die Apokalips, dui die boek Openbaring duidelik aan dat toenemende godsdienstige aktiwiteite ’n teken sal wees dat die einde van hierdie tydperk nader kom. Die geprofeteerde Eerste Ruiter ry op ’n wit perd, dra ’n kroon en het ’n boog om volke te oorwin (Openbaring 6:1-2). Sommige mense glo verkeerdelik dat hierdie figuur Jesus Christus verteenwoordig, maar die Bybel beeld Christus uit met ’n swaard  (Openbaring 19:11-15). Die individu in die Bybel wat ’n boog dra en pyle afskiet, is Satan (Efesiërs 6:16). Die eerste perderuiter in Openbaring 6 beeld dieselfde eindtydse gebeure uit as Mattheüs 24:4-5 – wat duidelik toon dat die hoof dryfkrag van eindtydse godsdienstige aktiwiteite sal wees om groot getalle mense te mislei en te oorheers!

Toe Jesus gevra was wat die teken van Sy Wederkoms en die einde van hierdie tydperk sou wees, het Hy gewaarsku: “Pas op dat niemand julle mislei nie. Want baie sal onder my Naam kom [My naam gebruik] en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei” (Mattheüs 24:4-5). Jesus se antwoord onthul dat godsdiens – insluitend vals “Christelike” leermeesters – nog lank nie dood sal wees in die laaste dae nie!

Die apostel Paulus waarsku: “Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges ... lasteraars ...  meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat ’n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af ... Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word” (2 Timotheüs 3:1-5, 13). Volgens die Skrif sal die wydverspreide oplewing van godsdienstige aktiwiteite teen die eindtyd Satan-geïnspireerd wees en sal baie mense mislei. Dit is die profetiese betekenis van wat vandag gebeur – maar daar is nog meer!

Eindtydse ekumeniese pogings

Twee van die mees betekenisvolle gebeure oor die laaste 2 000 jaar van godsdienstige geskiedenis was die Groot Skeuring en die Hervorming. In 1054 n.C. het kerkleiers in Rome en Konstantinopel mekaar wedersyds uit die kerk geban oor dogmatiese verskille wat die Groot Skeuring veroorsaak het wat die Westelike Katolieke Kerk vir bykans ’n duisend jaar geskei het van die Oostelike Ortodokse Kerk. Die 15de eeu sien die geboorte van die Protestantse Hervorming, terwyl die ontwikkeling van die drukpers en die beskikbaarheid van Bybels in gewone tale, saamval met die wydverspreide aanklagte van korrupsie en onbybelse leerstellings in die Rooms-Katolieke Kerk. Die Hervorming het Europa verdeel tussen Protestante, oor die algemeen in die Noorde en Katolieke, oor die algemeen in die Suide, en het hewige godsdienstige botsings laat uitbroei wat vandag nog steeds smeul.

In die laaste dekades van die 20ste eeu het dit egter gelyk of godsdienstige geskiedenis in trurat beweeg! Gedurende die afgelope jare het ons die opduiking van ernstige ekumeniese pogings gesien om die versplinterde dele van wat eens ’n enkele, verenigde kerk was, weer te herenig. Rooms-Katolieke pouse was aan die voorpunt van hierdie beweging. Johannes Paulus II het openlik gepraat oor die genesing van die Groot Skeuring en om die Oostelike en Westelike Kerke weer bymekaar te bring. Hy het verskoning gevra vir die Kruisvaarders se plundering van Konstantinopel in die 12de eeu, en het aan die Ortodokse Kerk verskeie aandenkings wat tydens die Kruistogte buit gemaak is, teruggegee. Die Rooms-Katolieke pous en die Ortodokse patriarg het by ’n paar geleenthede ontmoet en saam gebid; en het gesê dat hulle “geen groot struikelblok sien teen vereniging” nie. Benediktus XVI het hierdie missie met dringendheid voortgesit en is “besig om erkenning te verkry as ’n voorstaander vir Christelike eenheid” (National Catholic Register, 23 Julie – 5 Augustus 2006).

Terwyl pouse en patriarge daarop gefokus het om die Katolieke en Ortodokse kerke nader aan mekaar te bring, gaan pogings vir Protestantse eenheid ook voort. Twee belangrike liggame van die Hervormde Kerke het samesmelting ernstig bespreek en twee belangrike Lutherse liggame het alreeds saamgesmelt. Ander private pogings, soos die “Lutherane en die Katolieke saam” is aktief besig om nouer bande tussen Rome en die Protestantse Kerke te bevorder. Konserwatiewe leiers binne die Anglikaanse Gemeenskap, omgekrap en vervreemd deur daardie versplinterde denominasie se maatreël om vrouens en homofiele te verordineer, kyk uit na ’n moontlike verskuiwing van miljoene Anglikane na Rome (The Times, 19 Februarie 2007).  

Die laaste dekade van die 20ste eeu het ook gesien hoe ’n beweging “Antieke-Toekoms Geloof”, soos voorgestaan deur die ontslape evangeliese geleerde Robert Webber, weer kop uitsteek. Hierdie beweging beklemtoon die gemeenskaplike wortels van tradisie wat in die na-apostoliese era van die vroeëre Kerk ontwikkel het (100–600 n.C.), maar wat die Bybel-gebaseerde leerstellings wat deur Jesus en die Apostels in die eerste eeu verkondig is, ignoreer. Voorstanders van hierdie beweging, hoofsaaklik uit Protestantse geledere, verkondig dat die toekoms van die kerk deur sy verlede gevind kan word, deur weer die ryk tradisies van die vroeëre kerk op te eis – soos dit deur die Rooms-Katolieke en Ortodokse Kerke bewaar is, maar wat Protestante “tragies” verwerp het deur te bely dat hulle slegs die Bybel volg. Gevolglik plaas baie Protestantse kerke nou hernude klem op tradisies, sakramente en simbole – en vervang informeel-geklede predikante en “loof orkeste” wat moderne musiek speel, met outydse kerksang, kerse, praal en liturgiese gebruike wat ontleen is aan antieke Katolisisme. Party Protestantse kerke het selfs die Katolieke gewoonte om die Maagd Maria te aanbid,  herontdek (Time, 21 Maart 2005; Washington Post, 8 Maart 2008). 

Een predikant het opgemerk dat sedert die aanvang van hierdie beweging, “het ‘n wedloop begin van Protestante terug na die Moeder Kerk” – dit is ’n wedloop wat aangemoedig word deur individue wat die Protestantse Hervorming wil omswaai, omdat hulle dit sien as ’n “onnodige skeuring wat deur Protestante veroorsaak is” (tottministries.org, Junie 2008). Dit is verrassend dat Protestantse kerke so gretig is om saam te smelt met ’n Kerk wat verklaar het: “As dit nie Rooms-Katoliek is nie, dan is dit nie ’n regte Kerk nie” (The Times, 11 Julie 2007).

Baie ekumenies-gesinde kerkleiers glo dat die Heilige Gees hulle lei na groter eenheid (National Catholic Register, 23 Julie – 5 Augustus 2006). Benediktus XVI, net soos Johannes Paulus II voor hom, het hierdie denkrigting aangemoedig deur gehore daaraan te herinner dat “Christus ’n Algemene Kerk wil hê” (zenit.org, 4 Mei 2007), en deurgemeenskaplike grond tussen godsdienstige groepe te soek as teenvoeter teen die sosiale euwels van ons tyd – materialisme, wêreldsheid, aborsie, huwelike tussen lede van dieselfde geslag en ander aanslae op “tradisionele” godsdienstige waardes. Interessant genoeg, het Benediktus XVI die jaar van 28 Junie 2008 tot 28 Junie 2009 aan die apostel Paulus toegewy. Hierdie “Pauliniese Jaar” sal spesiale ekumeniese gebeure uitbeeld wat ontwerp is as hulpmiddel in die soeke “na die volledige eenheid van al die dele van die versinnebeeldige liggaam van Christus ... [en] volle gemeenskap tussen die Christelike Weste en Ooste” (UPI, 29 Junie 2007).

Dit mag alles wonderbaarlik geestelik klink en die gevare daaraan verbonde mag nie met die eerste opslag opsigtelik wees nie. Die moderne ekumeniese beweging, voorgestaan deur die Rooms-Katolieke pouse en baie gewillige Protestante en Oostelike Ortodokses was egter duisende jare gelede in u Bybel voorspel! Die profeet Jesaja was geïnspireer om te skryf oor die opkoms en val van ’n “jonkvrou, dogter van Babel” wat ook beskryf was as “gebiedster van die koninkryke” (verwys Jesaja 47). Wanneer na ’n vrou of dame in profesie verwys word, kan dit verwys na ’n kerk (verwys ook na Openbaring 12:6). Die vrou in Jesaja 47 woon in wellustige weelde (net soos die pouse gedurende die Middeleeue) en spog: “Ek sal nie as weduwee sit of kinderloosheid ken nie” – wat beteken dat haar “kinders”, die afgeskeide kerke wat uit haar voortgekom het, na haar sal terugkeer, in ooreenstemming met die Roomse Kerk se bepaalde ekumeniese doelwit. Hierdie profetiese verwysings pas met verstommende duidelikheid in met dit wat deesdae gebeur, soos Roomse pouse werk om die verstrooide kudde terug te bring na die “moederkerk” in Rome. Die profesieë in Jesaja 47 onthul egter ook dat as gevolg van “die veelheid van jou towerye ... die groot menigte van jou besweringe”, (heidense leerstellings wat aan hierdie kerk gekoppel word – Paasfees [Easter], Kersfees, Vastyd [Lent], gebede aan die heiliges, die aanbidding van ‘n moeder en kind, die rosekrans en ander) – hierdie “gebiedster” skielike, katastrofiese verwoesting sal ervaar (verwys Jesaja 47:8-11; Openbaring 18:1-8). Dit is die geprofeteerde uiteinde van Rome se pogings om die belydende Christelike kerke weer te versamel en te verenig – en selfs die ander godsdienste van die wêreld.

Godsdiens en Europese eenheid

Gedurende die afgelope 50 jaar het vooruitsiende leiers in Europa geknoei om die nasies van Europa te verenig ten einde toekomstige oorloë op die kontinent te voorkom en Europa in staat te stel om weereens ’n toonaangewende rol te speel op die wêreld-verhoog. Europa se moderne leiers boots bewustelik vroeëre Europese leiers na (Karel die Grote, Napoleon, en andere) wat, deur die model van die Romeinse Ryk te volg, probeer het om Europa te verenig. Alhoewel die huidige oes van Europese leiers geworstel het met ’n magdom wettiese en ekonomiese verdrae wat beplan was om die kontinent te verenig, het opmerksame analiste soos historikus Boris Johnson opgemerk dat godsdiens– aanbidding van die keiser – ’n sleutel-faktor was in die behoud van die eenheid van die Romeinse Ryk (The Dream of Rome, bll. 95–100,193). Dit was ’n Roomse pous wat Karel die Grote gekroon het en wettigheid verleen het aan sy pogings om die kontinent te oorwin en te verenig en die Roomse Kerk het die “heilige” dimensie verleen vir die sogenaamde “Heilige Romeinse Ryk” wat ’n groot deel van Europa vir meer as ’n duisend jaar domineer het (800 – 1800 n.C.). Baie nie-Europeërs faal om te besef dat die idee van ’n verenigde Europa “essensieel ’n Katolieke konsep” is, dat die Stigting-vaders van die moderne Europese Unie, Alcide de Gasperi, Robert Shuman en Konrad Adenhauer, almal getroue Rooms-Katolieke was en dat hierdie stigters almal deur die Vatikaan op die weg na heiligheid geplaas is omdat hulle die Europese Gemeenskap gestig het “op Rooms-Katolieke beginsels” (verwys na The Principality and Power of Europe, Hilton, bll. 38–39).

Die Rooms-Katolieke Kerk verstaan dat godsdiens een van die dryfvere van die geskiedenis is. Vir baie dekades het Johannes Paulus II, en nou Benediktus XVI, die noodsaaklike rol beklemtoon wat godsdiens in die vereniging van die nasies van Europa moet speel. Benediktus het geskryf: “Enigiemand wat Europa vandag wil bou ... kan nie staatmaak op ’n abstrakte dryfveer wat niks van God af weet nie ... die groot waardes en waarhede van die Christelike geloof – waardes wat die individuele Christelike denominasies oorkoepel omdat hulle gemeenskaplik vir almal is – is onvervangbare magte in die konstruksie van ’n verenigde Europa” (Europe Today and Tomorrow, Ratzinger, bl. 117). Johannes Paulus II het gesê: “Die identiteit van Europa is onverstaanbaar sonder Christelikheid.... Mens sny nie die wortels af waaruit jy gebore is nie ... Mag Europa homself wees en hom vereenselwig met sy Christelike wortels” (Without Roots, Ratzinger & Pera, bl. 35). Benediktus het dit beklemtoon dat beide Oostelike en Westelike Europa ’n gemeenskaplike kerklike herkoms deel, dat “beide Oos en Wes erfgename van die Bybel was en van die antieke Kerk ... beide deel die idee van ’n Ryk [wat versplinter was deur die opkoms van nasie-state] ... [hulle deel ook] kloosterlewe ... ’n pre-politieke en supra-politieke mag ... [wat ondersteuning verleen het] vir die hergeboorte van kultuur en beskawing” in Europa (Without Roots, bll. 55–56).

Dit mag op die oppervlakte lyk of Europa besig is om “onchristelik” te raak en die geloof te versaak om ’n wêreldse droom van ekonomiese en politieke eenheid na te jaag. Dieeksterne bedreiging van Islam en die noodsaaklikheid vir ’n supra-nasionale faktor om ’n grondslag vir eenheid te voorsien, blaas die vlamme van godsdiens op die kontinent aan waar dit lyk of die Christendom op die punt staan om weer terug te keer (God’s Continent, Jenkins, bll. 1, 14, 25).  

Soos baie waarnemers van Benediktus XVI opgemerk het: “Hierdie pous beoog om Europa weer te verower, indien nie in getalle nie, dan by die politieke tafel” (Pope Seeks Greater Role for Catholics in Europe on Policy Issues, New York Times, 20 September 2008).

Benediktus XVI het geskiedkundige Arnold Toynbee se idee bevorder dat die genesing van Europa se sekulêre materialistiese krisis daarin lê dat “kreatiewe minderhede” ... weer ’n “godsdienstige dimensie moet inbring ... veral die erfenis van Westerse Christelikheid” (Without Roots, bl. 68).In navolging van dieselfde tema, het Protestantse en Katolieke kerkleiers in 2001 ’n ekumeniese dokument onderteken – Charta Oecumenica – waarin hulle plegtig onderneem om saam te bid, saam te preek, saam op te tree “en Europa saam te bou”.  Om Islam se bedreiging teen die waardes van die Westerse beskawing teen te werk, het sommige politici Europeërs aangemoedig om vredeliewendheid te verwerp en hul eie identiteit en kultuur te beskerm – “deur geweld”, indien nodig – wat sekerlik die militante godsdiens van die Eerste Perderuiter van die Apokalips in die geheue oproep (Without Roots, bl. 93). Dus, wat hou die toekoms vir Europa in en watter rol gaan geestelike leiers speel?

Roomse Pouse en Profesie

Benediktus XVI het geskryf “ons kan nie in die toekoms sien nie” en “ons weet nie hoe dinge in die toekoms in Europa sal gaan nie” (Without Roots, bll. 68, 80). In werklikheid openbaar Bybelse profesieë egter wel wat die toekoms vir Europa inhou en verduidelik die rol wat geestelike leiers in die toekoms gaan speel. Die boek  van Daniël beskryf ’n groot beeld waarvan die voete en tone die finale fase van ’n regering uitbeeld – met sy erfenis vanuit die Romeinse Ryk – wat vernietig sal word met Jesus Christus se Wederkoms (Daniël 2:40–45). Daniël beskryf ook ’n groot dier met tien horings (wat tien herlewings uitbeeld) en skryf van ’n “klein horinkie” wat die laaste sewe herlewings domineer, groot woorde spreek, oorlog voer teen die heiliges en tye van die kalender (tye) en wette verander (sien Daniël 7). Die geskiedenis maak melding van verskeie pogings om die Romeinse Ryk te laat “herleef” en in werklikheid het die pouse in Rome dit ondersteun en in sommige gevalle selfs baie van daardie Europese leiers gekroon, soos byvoorbeeld Karel die Grote. Die geskiedenis vermeld ook dat die Roomse Kerk Sabbatonderhouding onwettig verklaar het ten gunste van Sondag en die Bybelse Heilige Dae vervang het met heidense vakansiedae wat Paasfees [Easter] en Kersfees insluit.

Eindtydse profesieë in die Nuwe Testament beskryf ’n dier met sewe koppe (die laaste sewe horings van die dier van Daniël 7). Een van die dier se koppe sal dodelik verwond word, maar sal genees en herleef, wat die hele wêreld sal verstom en as ’n gevolg ontelbare miljoene mense sal aanspoor om die dier te volg (Openbaring 13:1–4).

Wat is hierdie oorlogvoerende dier? Dit is ’n Europese politieke stelsel, bemagtig deur Satan, wat “’n gees” [lewe] gegee sal word deur ’n lam-agtige dier wat groot tekens sal doen en die bewoners van die aarde verlei (Openbaring 13:11-15). Hierdie lam-agtige dier is ’n prominente geestelike persoon wat, deur wonderwerke te verrig, mense sal beïnvloed om die herleefde politieke dier te volg en te aanbid. Die Skrif beskryf verder hierdie geestelike persoon as ’n luisterryke geklede “groot hoer” wat die bewoners van die aarde beïnvloed het met haar leringe, owerspel bedryf het (intieme verhoudings aangegaan het) met die konings van die aarde en wie advies en raad gee aan die politieke dier (Openbaring 17:1-4).

Vergelyk hierdie beskrywing met die Rooms-Katolieke Kerk wat sy leerstelling, vermeng met heidense begrippe en gebruike, reg oor die wêreld versprei het. Daardie kerk, “die enigste van al die gelowe, is ’n diplomatieke speler” op die wêreldverhoog (The Economist, 21 Julie 2007) – en dit is betekenisvol dat die pouse daarvan onverpoos gewerk het om Europese eenheid te bevorder. Inderdaad, “die Vatikaan het een van die wêreld se besigste maar onbekendste diplomatieke dienste” (ibid.) – met volle bande tot 174 nasies en verteenwoordig eintlik die Heilige Stoel, nie die Vatikaanse staat nie. Wanneer die Heilige Stoel – alreeds die grootste nie-regeringsorganisasie in die wêreld – nouer verbind word met die Europese Unie en dié se jong, ontwikkelende diplomatieke korps, sal dit die pouslike invloed dramaties uitbrei, nie slegs in Europa nie, maar reg oor die wêreld en die Roomse Kerk ’n politieke mag maak waarmee rekening gehou  moet word!

Die “groot hoer” van Openbaring 17 is ook bevlek met die bloed van heilige martelare. Die Rooms-Katolieke Kerk het die Inkwisisie gelei, wat die bloed gestort het van ontelbare Christene wat nie die Rooms-Katolieke leerstellings wou aanvaar nie. Daardie kerk word ook die “moeder van die hoere” genoem – sy het geboorte geskenk aan “dogter” kerke wat sy sal probeer terugbring onder haar vlerke, soos voorspel in Jesaja 47. Ja, die “sewe susters” – ’n term wat dikwels deur hoofstroom Protestantse denominasies gebruik word om hulself te beskryf – sal uiteindelik terugkeer na hul “moeder”. Hierdie terugkeer sal verhaas word deur klaarblyklike wonderwerke wat gedoen sal word deur ’n prominente Roomse leier  wat in die Bybel “die mens van sonde” en “die ongeregtige” (2 Thessalonicense 2:1-11) genoem word. Hierdie terugkeer na Romesal geskied net voor die Wederkoms van Jesus Christus, en word na verwys as “die afval” (wat ’n geloofsversaking of opstand [rebellie] beteken).

Ons lewe in kommerwekkende en profeties-betekenisvolle tye! Die herrysing van godsdiens op die wêreldverhoog – en die toenemende vernaamheid van die Rooms-Katolieke Kerk in daardie herrysing – kan deesdae duidelik gesien word. Namate die Rooms-Katolieke Kerk groter aansien nastreef, sien ons toenemende ekumeniese pogings om die Groot Skeuring te heel en selfs die Protestantse Hervorming om te keer – ontwikkelings wat die “horlosie sal terugdraai” vir twee baie belangrike keerpunte in die geskiedenis van die Westerse beskawing. Bybelse profesie toon dat huidige bewegings van belydende Christelike kerke terug na Rome sal versnel namate ons die einde van hierdie tydvak nader, net voor Jesus Christus se terugkeer na hierdie aarde. Hierdie terugkeer na Rome sal aangehelp word deur ’n prominente godsdiens-figuur wat bonatuurlike tekens en wonders sal aanwend om die eenwording van Europa te bevorder en die samestelling van ’n “Universele [wêreldwye] Kerk”. Alhoewel wêreldse media en geleerdes hierdie wêreld-veranderende neiging grootliks ignoreer, kan God u help om die profetiese betekenis van hierdie tye waarin ons leef, te verstaan. Dit is nie nodig dat u bedrieg word deur die pogings om alle belydende Christene  onder die banier van Rome te bring nie!