Die afgelope twee jaar was daar ’n toenemende aanslag op die idee van goddelike manlikheid. Die begrip van wat manlikheid is en die noodsaaklikheid daarvan word voortdurend bespreek. Die laaste presidensiële veldtog het hierdie aanval na vore gebring. Dit was selfs deur sommige mense veroordeel as ’n aanslag teen vroue om nie vir die voormalige minister van buitelandse sake en die Amerikaanse presidentskandidaat Hillary Clinton te stem nie. Sedert die verkiesing het ekstremisme in krag en noodsaaklikheid onder baie mense binne die feministiese beweging toegeneem. Baie vroue word geleer dat mans die rede vir al hulle probleme is. Universiteite bied klasse aan in verband met die “giftigheid van manlikheid”. Dit is ’n les wat vir dekades lank verkondig is en ongelukkig is baie vroue tot hierdie saak “bekeer”.

Al hoe meer vroue het grootgeword waar hulle omring was deur invloede wat daarop dui dat hulle nie ’n man in hulle lewens nodig het nie. Selfs al het hulle wel ’n man in hulle lewens, word hulle voortdurend geleer dat hulle nie sy manlikheid hoef te respekteer nie en alles in hulle vermoë behoort te doen om dit te onderdruk. Baie jong mans word selfs ontmoedig om hulle Godgegewe rol as beskermer en leier van hulle huishoudings te vervul.

Nie volgens die draaiboek nie?

Gedurende dieselfde tyd was daar egter ’n TV-program wat baie gewild was onder vroue. Ironies genoeg handel hierdie program nie oor ’n vroulike president, ’n vroulike superheldin of oor hoe boos mans is nie. Alhoewel sekerlik nie perfek nie, (watter TV-programme is deesdae?), probeer dit om vaders en huweliksmaats uit te beeld as die ware soort steunpilare van die gesin wat gereeld deur moderne feministe verkleineer en as onnodig beskou word. “This Is Us” is ’n NBC-dramareeks (die hoogste gegradeerde vertoning) wat die lewens van drie generasies van die Pearson-gesin uitbeeld. In ’n era waarin mans – veral heteroseksuele, getroude vaders – dikwels uitgebeeld word as sukkelende dwase of as beledigende of emosioneel afsydige figure, beeld die program die patriarg, Jack Pearson as ’n toegewyde, liefdevolle man en vader uit wat alles en enigiets opoffer vir die welsyn van sy gesin. Jack word uitgebeeld as die toonbeeld van die manlike leier van ’n huishouding. Hy is geliefd, gerespekteerd en sy vrou en hulle drie kinders is dol oor hom. Ons sou Jack selfs kon sien as ’n voorbeeld van die vader wat deur die apostel Paulus in Efésiërs 5 en 6 beskryf word. Hy is ’n man wat geduldig is, wat “sy eie vrou liefhet soos sy eie liggaam” (vergelyk. Efésiërs 5:28-29) en wat nie sy kinders vertoorn nie (Efésiërs 6:4).

Hierdie uitbeelding van ’n gesonde, liefdevolle vader wat die leier van sy gesin is, is welkom en verfrissend om te sien. Indien ons in ons samelewing, al die “uiters feministiese” redenasies sou glo, sou dit voorkom asof die laaste ding wat baie Amerikaanse vroue in hulle lewens wil hê, ’n man is wat werklik die leier van sy huishouding is. Ironies genoeg, in hierdie era van anti-patriargie, pos miljoene vroue hulle bewondering en liefde vir die karakter van Jack Pearson in die Twitter en Facebook bladsye.

Dit lyk of hierdie karakter ’n oeroue behoefte in vroue wakker maak om ’n sterk manlike figuur in hulle lewens te hê – nie net as ’n eggenoot en vennoot nie, maar ook as ’n vader. In een episode pleit Jack se dogter by hom en sê: “Moet nooit ophou om te probeer om my myself te laat sien soos wat u my sien nie”. Een Twitter-volgeling het op hierdie toneel gereageer deur te tweet, “#thisisus vat die vader en dogter verhouding in een sin saam: #joueersteliefdeisjoupa”. Die sukses van hierdie vertoning onder vroue en hulle bewondering vir Jack Pearson, behoort ’n duidelike wekroep vir die media, opvoeders en politici te wees dat vroue nog steeds ’n sterk, liefdevolle man wil hê – en selfs nodig het – om hulle gesinne te lei en te beskerm.

Sulke reaksies op “This Is Us [Dit is ons]” illustreer, onbewustelik of nie, die wonderlike waarheid dat om ’n effektiewe, liefdevolle man en vader te wees, nie net verkieslik is nie maar dit is ’n God-ingestelde en uiters belangrike plig.