Oor die afgelope 2 000 jaar het baie mense probeer om die datum van Jesus Christus se Wederkoms te voorspel. Voorspelde datums het gekom en gegaan. Nogtans het Christus het nogtans gesê Hy sal weer kom. Kan ons weet wanneer hierdie belangrike gebeurtenis sal plaasvind?


Stel u voor die vetgedrukte hoofopskrifte wat aankondig: “Jesus Christus het teruggekeer!” Stel u voor die “hoofnuus” op radio en televisie: “Ons onderbreek hierdie program om aan u die skokkende nuus mee te deel dat Jesus Christus so pas na die aarde teruggekeer het! Ons korrespondent in die Midde-Ooste berig dat Jesus op die Olyfberg – net oos van Jerusalem – neergedaal het en dit lyk of Hy Hom gereed maak om die stad binne te gaan!”

Ongelooflik! Nogtans sal die werklike Wederkoms van Jesus Christus na die planeet aarde, selfs baie meer ontsagwekkend en dramaties wees – baie meer as wat ek moontlik kan beskryf!

Meningpeilers het bevind dat omtrent een uit elke vier volwasse, belydende Christene in die Verenigde State van Amerika (en moontlik ook in Suid-Afrika) Jesus se Wederkoms na hierdie aarde verwag. Omdat selfs die meeste belydende Christene ongelukkig Bybel-ongeletterd is, sê die oorgrote meerderheid dat hulle onseker is van wanneer enhoe Christus sal terugkeer, en wat daarna sal gebeur. Selfs baie “hoofstroom” leraars is heeltemal liberaal en glo nie dat Jesus ’n werklike persoon was – of dat Hy gesterf het, opgewek is en opgevaar het na die Hemel nie. Hulle beskou dus dikwels Christus se Wederkoms as ’n teologiese “mite”, of in elk geval iets wat baie onseker en in die “verre toekoms” is.

Ek onthou goed hoe ek self ’n beroemde evangelis aan sy gehoor hoor bulder het: “Christus se Wederkoms mag vannag wees! Aan die ander kant mag huidige wêreldgebeure net nog ’n fase in die groot menslike drama wees wat nog ’n duisend jaar mag voortduur voordat Christus terugkeer!”

Eerlikwaar, beide van hierdie uiterstes is belaglik. Diegene wat hierdie soort idees koester het hoegenaamd geen begrip van Bybelse profesieë nie, anders sou hulle nie tot sulke gevolgtrekkings gekom het nie. Albei uiterstes is verkeerd.

Leef ons in die “Laaste Dae”?

Daar is letterlik dosyne aanduidings dat ons in die geprofeteerde “laaste dae” leef. Gun my die geleentheid om slegs ’n paar aan u te noem.

Eerstens, in Jesus se befaamde profetiese rede op die Olyfberg, maan Hy ons om op die uitkyk te wees vir die “gruwel van die verwoesting” wat deur Daniël die profeet beskryf is en wat “in die heiligdom” sal staan (Mattheüs 24:15). Bykans alle geleerdes stem saam dat die oorspronklike “gruwel” ’n standbeeld was van óf Zeus, óf Jupiter Olimpus wat in 168 v.C. met geweld deur Antiochus Epiphanes in die Tempel van God geplaas is. Baie mense verstaan egter die beginsel van tweeledigheid in hierdie voorspelling – naamlik beide ’n tipiese en ’n latere vervulling van dieselfde profesie.

Natuurlik, die finale “gruwel van die verwoesting” waarna Jesus verwys, sou uiteraard na Sy aardse leeftyd moes plaasvind. Kyk na God se opdrag aan Daniël teen die einde van Daniël se voorspelling: “Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe. Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan. En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend-tweehonderd-en-negentig dae verloop” (Daniël 12: 9-11).

Dit is dus duidelik dat daar in die eindtyd ’n soort van tempel of altaar in Jerusalem moet wees waar die “voortdurende offer” gebring kan word (vers 11). Dít is wanneer die finale “gruwel” opgerig sal word. Hierdie gedeelte dui ook aan dat die Jode in die eindtyd ’n beduidende teenwoordigheid in Jerusalem sal hê. Niks van hierdie profesieë sou sin maak sonder ’n herleefde staat van Israel, ’n Joodse Jerusalem en ’n herboude altaar vir die offerandes nie.

Nog ’n duidelike aanwysing dat ons in die “eindtyd” leef, word gevind in Mattheüs 24:21-22. Jesus is gevra: “Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van U koms en van die voleinding van die wêreld?” (vers 3). Nadat Hy ’n hele reeks gebeure en die oprigting van “die gruwel van die verwoesting” beskryf het, verklaar Jesus: “Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar terwille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word”. Hier voorspel Jesus die gruwelikste en ontsettendstenasionale tugtiging in die menslike geskiedenis – asook die gevaar van algehele uitwissing van alle lewe op aarde indien God nie bonatuurlik ingryp nie.

Algehele uitwissing van alle lewe op aarde was nie eens gedurende die Tweede Wêreldoorlog moontlik nie. Alhoewel twee atoombomme gebruik was om die oorlog teen Japan te beëindig, was daar destyds en vir ’n tyd daarna, baie min of selfs geen ander bomme beskikbaar nie. Gesaghebbendes reken dit was eers teen 1957 dat daar – tussen die Verenigde State van Amerika en Rusland – genoeg atoomwapens beskikbaar was om die mensdom uit te wis.

Dus, met die terugkeer van baie Jode in 1948 na Israel en die mate waarin atoomwapens teen 1957 vermeerder het, het ons sekerlik toe reeds die “tyd van die einde” betree, indien nie selfs voor daardie tyd nie.

In Daniël 12:4 sê God ook aan Daniël: “En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe; baie sal dit deursoek en die kennis sal vermeerder”. Neem kennis dat die uitgebreide gebruik van vervoerfasiliteite ’n kenmerk van die eindtyd is, asook die geweldige toename van die mensdom se kennis. Sedert die Tweede Wêreldoorlog neem ons dit as vanselfsprekend aan dat miljoene mense daagliks in moderne vliegtuie en makrostralers deur die lug vlieg. Op bykans alle plekke op hierdie aarde ry mense ook heen en weer in motorvoertuie en reis rond op wyses wat vir ons ondenkbaar sou wees voor die twintigste eeu begin het. Bykomend tot dit alles, het die koms van die radio, televisie en die Internet bygedra tot ’n letterlike ontploffing van die mens se kennis, in vergelyking met die verlede.

Ons leef versekerin die “laaste dae”! Christus se Wederkoms sal sonder twyfel gedurende die leeftyd van die jong mense wat nou grootword, plaasvind – selfs baie van die ouer mense mag ook nog lewe om hierdie ontsagwekkende gebeurtenis te beleef.

Laat die BYBEL die Bybel verklaar!

Dit is tragies dat menslike voorspellers en verklaarders van Bybelprofesieë dikwels ’n Bybelse profesie lees en dan ’n denkbeeldige voorstelling maak waaroor dit alles gaan! Dieregte manier om die Bybel te verstaan is natuurlik om eerlik en deeglik alle gedeeltes van die Skrif wat oor dieselfde onderwerp handel – insluitende die profesieë – saam te voeg, en dan deur deeglike studie en ernstige gebed, tot ’n begrip van die hele legkaart te kom.

As u byvoorbeeld die profesieë van Daniël, Openbaring en Jesus se profetiese rede op die Olyfberg soos weergegee in Mattheüs 24, Markus 13 en Lukas 21, noukeurig metmekaar vergelyk, ontvou ’n baie duidelike beeld van wanneer en hoe Christus se Wederkoms sal wees.

Neem kennis: “Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan Sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van Sy engel aan Sy dienskneg Johannes te kenne gegee het” (Openbaring 1:1). Hier sien ons dat dit Christus se openbaring is – nie die openbaring van die apostel Johannes nie! Ons lees ook dat die verklaarde doel is om die dinge en gebeure te openbaar wat “gou moet gebeur”.

In Openbaring 2 en 3 vind ons ’n geïnspireerde beskrywing van die eras of tydperke van God se ware Kerk. Die finale kerk-era, Laodicea, word gekenmerk as “lou”. So sal selfs die meerderheid van die ware volk van God in die eindtyd blykbaar in ’n mate deur wêreldsheid oorweldig wees en beïnvloed word deur ons plesiersoekende “self” generasie. Openbaring 4 en 5 beskryf die bonatuurlike glorie van God. Dan beskryf hoofstuk 5 ook hoe slegs Christus waardig geag word om die seëls van Openbaring oop te maak en hierdie onthulling van eindtyd gebeure te begin.

Openbaring 6 beskryf, in volgorde, die gebeure van die eerste ses seëls. Bestudeer dit noukeurig en vergelyk dit dan spesiaal met veral Mattheüs 24:3-9. Eerstens vind ons die beskrywing van die “wit perd”. Dit word in Mattheüs 24:5 duidelik geïdentifiseer as ’n vlaag valse profete wat uitgestuur word om Christus se naam te gebruik, maar wat nogtans die massas mislei! (Lees ook Openbaring 12:9). Vervolgens lees ons van die “vuurrooi perd” wat uitgestuur word om “vrede van die aarde af weg te neem”. Mattheüs 24:6-7 brei hierop uit en toon aan dat dit nie net oorloë insluit nie, maar ook wêreldoorlog. Die derde seël, die “swart perd” van Openbaring 6, beskryf hoe klein hoeveelhede voedsel noukeurig afgemeet word – ’n duidelike teken van ernstige voedseltekorte. Mattheüs 24:7 beskryf hierdie volgende gebeure as hongersnood”.

Die vierde seël is ’n “vaal perd” – ’n perd wat sieklik lyk – wat die dooden graf meebring. In Mattheüs 24:7 bevestig Jesus dat die volgende geprofeteerde gebeurlikheid in hierdie reeks van gebeure wat Sy Wederkoms sal voorafgaan, inderdaad pessiektes – groot siekte-epidemies van ongeëwenaarde afmetings sal aanneem. Nadat hy hierdie vier hoof gebeure beskryf het, vertel die geïnspireerde Johannes ons, “En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met die swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde” (Openbaring 6:8). Mattheüs 24:7 voeg by dat aardbewings ook ’n beduidende faktor gedurende hierdie tydperk sal wees.

’n “Vierde deel” van die aarde vergaan? Die meeste geleerdes stem saam dat hier nie van die oppervlakte van die aarde – wat tog meestal uit oseane, berge en woestyne bestaan – gepraat word nie. Een kwart van die totale bevolking van die aarde is hier ter sprake! Sonder om die aanwas van die huidige bevolking (van bykans 6.5 miljard) by te reken, sal een kwart dus omtrent 1.6 miljard mense wees wat deur hierdie vier “perderuiters” uitgewis gaan word.

In hierdie geïnspireerde beskrywing het die ontsettende Groot Verdrukking en die “Dag van die Here” nog nie eens begin nie!

Die Groot Verdrukking

In werklikheid beskryf die vyfde seël van Openbaring die Groot Verdrukking. Die klem lê hier op die kerklike aspek – op die feit dat baie van die mense in God se ware Kerk vervolg en gemartel gaan word, net soos in vorige eeue (Openbaring 6:9-11). Ander Skrifgedeeltes – insluitende Mattheüs 24:21-22, Lukas 21:22-24 en Jeremia 30:4-7 – openbaar aan ons dat hierdie skrikwekkende Verdrukking nie net die ware Kerk sal raak nie, maar ook die fisiese nasies van Israel en Juda – insluitende die Verenigde State van Amerika en die nasies van die wêreld wat van die Britte afstam (met inbegrip van Suid-Afrika). Vir Bybelse en historiese bewyse van hierdie stelling, kan u gerus skryf of skakel en vra vir ’n eksemplaar van ons boekie: Wat lê voor vir Amerika en Brittanje, asook Suid-Afrika? Dit sal heeltemal gratis, op u versoek, aan u gestuur word.

Die Groot Verdrukking behels ’n massiewe nasionale straf wat oor die fisiese nasate van Israel gaan kom, omdat hulle in gebreke gebly het om hul verbond met God gestand te doen en weggedraai het na grootskaalse immoraliteit en hedonisme (genotsugtigheid). Hulle het ’n “vorm” van godsdiens – baie noem hulleself selfs Christene – maar misken die krag en outoriteit van die Skepper God (2 Timotheüs 3:5)! Belydende Christene van ons tyd sal beslis God se reg om Sy mense te tugtig, bevraagteken. God antwoord, “Wat skreeu jy vanweë jou verbreking, jou smart wat ongeneeslik is? Omdat jou ongeregtigheid groot is, geweldig jou sondes, het Ek jou hierdie dinge aangedoen” (Jeremia 30:15).

Direk nadie Groot Verdrukking volg die sesde seël, die “hemelse tekens” (Openbaring 6:12-16). Weereens bevestig Mattheüs 24:29 dit perfek: “En dadelik na die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word en die maan sal sy glans nie gee nie en die sterre sal van die hemel val en die kragte van die hemele sal geskud word”.

Hierna kom die “Dag van die Here” – die tyd van God se volle gramskap op alle rebelse nasies van die aarde (Openbaring 6:17). Nadat ’n aantal Israeliete sowel as nie-Israeliete verseël is en beskerm word teen God se finale gramskap (Openbaring 7), sal die “basuin-plae” begin.

Die eerste plaag sal ’n derde van die bome en alle groen gras verbrand (Openbaring 8:7). In vinnige volgorde verander die volgende plae een derde van die see in bloed, vernietig een derde van die visse en een derde van alle skepe, vergiftig een derde van alle fonteine en riviere en verduister ’n groot deel van die lig van die son, maan en sterre (verse 7-12).

Die vyfde en sesde plae beskryf iets soos ’n heeltemal gesofistikeerde, ontsaglike, “Star Wars”-tipe aanval deur die Europese Dier-moondheid op sy vyande. Daarna kry ons ’n kragtige teenaanval deur ’n massiewe groot leërmag van 200 miljoen soldate – moontlik saamgestel uit miljoene Russiese, Mongoolse en Chinese troepe wat hulle nie aan die arrogante Europese diktator, wat ook die “Dier” genoem word, sal onderwerp nie.

Ten laaste, na ’n drie-en-’n-half-jaar lange Verdrukking en gevangenskap van die nakomelinge van Israel – ’n periode van kragtige profetering en “waarskuwing” aan die moondheid genaamd die Dier deur God se “twee getuies” en waartydens God beskerming sal verleen aan Sy werklik getroue mense in Sy Kerk (lees Openbaring 11:3; 12:14) – sal Christus weer kom in bonatuurlike glorie wanneer die sewende basuin weerklink (Openbaring 11:15)!

Ander weergawes van die storie

Intussen, net voor die Groot Verdrukking, sal ’n magtige Arabiese bondgenootskap tot stand kom en die toekomstige Europese moondheid, die “Dier”, bedreig en uittart (Daniël 11:40-45). Let op dat dit sal gebeur “in die tyd van die einde”. Die swaarder gewapende en meer gesofistikeerde moondheid, die Dier, sal hierdie “koning van die Suide” soos ’n warrelwind oorval en hom oorrompel.

Die magte van die Dier sal ook die Joodse staat van Israel inneem en baie dele van die Midde-Ooste oorneem – ongetwyfeld om beheer oor die Arabiese oliereserwes te verkry om hul oorlogsmasjien aan die gang te hou! Soos ons gesien het, is die volgende gebeurlikheid die aanval op die “huis van Israel” (Jeremia 30) – die Groot Verdrukking. Dit sal sekerlik “’n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ’n volk bestaan het tot op dié tyd nie” (Daniël 12:1). Baie spoedig na hierdie massiewe Verdrukkingen Dag van die Here, volg Christus se Wederkoms. “En baie van dié wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak” (vers 2) in die opstanding uit die dode tydens Christus seWederkoms!

Ook nog, net voor die Verdrukking, sal die sewende “herlewing” van die Heilige Romeinse Ryk plaasvind en ’n finale keiser/koning/diktator sal die guns van tien leiers van nasies in Europa wen, wat die finale, geprofeteerde moondheid van die Dier sal uitmaak (Openbaring 17:8-13). Uiters kortsigtig sal die leiers van hierdie ontsaglike militêre mag dink dat hulle gesofistikeerde wapens op een of ander manier teen Christus sal kan standhou! Hulle probeer oorlog voer selfs as die terugkerende Christus en Sy hemelse leërmag in mag en glorie neerdaal, “Hulle sal teen die Lam oorlog voer en die Lam sal hulle oorwin – want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings – en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou” (vers 14). Al hierdie voorspellings toon duidelik die graad van misleiding en geestelike blindheid wat gedurende daardie tyd oor die leiers van die aarde sal kom. Inderdaad, “die god van hierdie wêreld” het “die sinne verblind” van “die ongelowiges” (2 Korintiërs 4:4). Onthou asseblief net, totdat Jesus Christus na hierdie aarde terugkeer, is dit Satan se wêreld!

Onthou ook dat die toekomstige Dier-moondheid nie slegs ’n militêre en politieke mag sal wees nie. Dit is ’n werktuig wat deur die groot hoer – beskryf in Openbaring 17 – gebruik sal word. Hierdie Skrifgedeelte vertel ons duidelik dat die vrou die dier ry (verse 3, 7, 9)!

Die “Vrou” van Openbaring 12

Die term “vrou” word in ’n hele paar skrifture van God se Woord gebruik om ’n kerk te simboliseer. In 2 Korintiërs 11:2 is die apostel Paulus geïnspireer om die ware Kerk as ’n “reine maagd” wat aan Christus verbind is, te beskryf. In Efesiërs 5: 23-25 beskryf Paulus die Kerk asof dit ’n vrou is. In Openbaring 12:6 en 12:14 word die Kerk uitgebeeld as ’n “vrou” wat na ’n plek van veiligheid in die “woestyn” vlug.

Daarenteen, in Openbaring 17 beskryf God ’n groot gevalle kerk, “die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde” (vers 5). Johannes was geïnspireer om te skryf: “En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien. Toe sê die engel vir my: Waarom het jy jou verwonder? Ek sal jou die verborgenheid van die vrou vertel en van die dier met die sewe koppe en die tien horings, wat haar dra” (verse 6-7). Dus, hierdie geestelik-dronk kerk is ook ’n groot vervolgsugtige kerk en sal op die Dier, wat die finale herlewing van die Heilige Romeinse Ryk is, sit en dit beheer.

Wanneer hierdie verrotte godsdienstige/politieke sisteem in Europa tot stand kom en ’n groot, vals profeet volgens die werking van Satan verrys, “hy wie se koms is volgens die werking van Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen” (2 Thessalonicense 2:9), sal ontelbare miljoene Amerikaners, Kanadese, Britte, en Europeërs [asook Suid-Afrikaners] in die versoeking kom of selfs gedwing word om deel van hierdie verrotte stelsel te word. Baie van u wat nou hierdie artikel lees, mag ook in die versoeking kom om “aan te sluit”, om ondersteuning te verleen of om ten minste maar “saam met die stroom te gaan”!

Moet dit nie doen nie
God self het ons uitdruklik gewaarsku om nie deel te hê aan hierdie sataniese stelsel nie: “Gaan uit haar uit, My volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie. Want haar sondes reik tot aan die hemel en God het haar ongeregtighede onthou” (Openbaring 18:4-5). Waarlik, God se direkte plae sal hierdie stelsel teister, asook almal wat deel is daarvan! (Lees ook Openbaring 16).

Dus, WANNEER sal Christus se Wederkoms wees?

Ek vertel u egter in alle opregtheid dat Jesus Christus nie na die aarde sal terugkeer voordat ons die mees angswekkende, aardskuddende, en ontsaglike gebeure ooit, sedert die mens se bestaan hier op aarde, beleef het nie. Belydende Christenleraars wat sê: “Christus se Wederkoms mag vannag wees”, is so ver uit voeling met die Bybel se waarhede dat dit eintlik ongelooflik is!

Aan die ander kant, net soos die betekenisvolle gebeure vinnig die een op die ander ingewerk het in 1989-90 met die skokkende en onverwagte ineenstorting van die voormalige Sowjetunie se beheer oor Oos Europa, so sal die gebeure wat Christus se Wederkoms voorafgaan, heel moontlik ’n soortgelyke snelle momentum opbou. Vir daardie getroue Christene wat voor Christus se Wederkoms “gaan slaap” het, kan Hy werklik “vannag” kom – want dié wat in die graf is “weet glad niks nie” (Prediker 9:5). Nie een van ons weet verseker hoeveel dae of jare óns nog oor het in hierdie menslike bestaan nie.

Onthou in elk geval dat God self baie duidelik in Sy geïnspireerde Woord ’n hele reeks gebeure openbaar wat móét plaasvind voor Christus se Wederkoms. Indien u gewillig is om u hele lewe opreg aan God oor te gee en die lewende Jesus Christus toe te laat om u lewe te regeer, mag u werklik deel word van die “klein kuddetjie” van God, ’n deel van die ware Kerk wat na ’n plek van veiligheid op hierdie aarde geneem sal word tydens die Groot Verdrukking wat binnekort sal aanbreek (Openbaring 12:14).

 Met verwysing na hierdie gebeure gee Jesus Christus ons almal die opdrag: “So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur. Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie. MAAR pas op vir julleself, dat julle harte nie miskien beswaar word deur swelgery en dronkenskap en sorge van die lewe nie, en dié dag julle nie skielik oorval nie.Want soos ’n strik sal hy kom oor almal wat op die hele aarde woon. Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan” (Lukas 21:31-36).