Gedurende Desember 2011 het ’n segment van die gewilde televisieprogram, 60 Minutes, ’n groep monnike gevolg wat alleen op ’n afgeleë berg in Griekeland woon en moedig probeer om “nader aan” Jesus Christus te kom.

Hierdie mans laat nie eens vrouens op die perseel toe nie. Hulle sonder hulself af – byna geheel en al – van die wêreld en van ander mense. Hulle verbou hulle eie kos, hul het ook geheel en al hulle eie “klein wêreldjie” geskep sodat hulle nie nodig het om baie met die buitewêreld in aanraking te kom nie.

Hulle doen dit omdat hulle dink dat hul afsondering hulle sal help om nader aan Jesus Christus te groei.

My vriende, is dit werklik hoe om nader te kom aan die ware Jesus Christus van die Bybel? Is dit hoe Jesus Christus Self geleef het? Is dit hoe Sy naaste apostels en dissipels geleef het – diegene wat direk deur Hom geleer is en Sy voorbeeld persoonlik gesien het? Is dit hoe ons moet lewe? Is dit hoe enigeen wat waarlik probeer om Christus na te volg, moet lewe?

Dink! Jesus Christus het een van Sy mees kragtige opdragte gegee aan die heel begin van Sy bediening: “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God” (Lukas 4:4). God se woord openbaar Sy gedagtes – die manier waarop Hy dink en doen, en die manier wat Hy wil hê ons moet handel. God se woord – die Bybel – is die “Handleiding” vir die mensdom. Dit openbaar wat ware Christelikheid behels!

Reg deur die eeue was daar egter ontelbare duisende mense wat hulself van die mensdom afgesonder het as ’n geheel – in monnikekloosters (monastries) en nonnekloosters (convents) geleef het en hulself op verskillende maniere verneder en verootmoedig het – in ’n poging om “nader aan Christus te kom”. Die meeste van hierdie mense was klaarblyklik baie opreg. Is opregtheid egter genoeg? Die basiese kernpunt is: Behoort ons dat God Almagtig ons vertel hoe ons Hom moet dien, of behoort ons ons eieweergawe van Christelikheid te beoefen?

Die apostel Paulus het baie mense teëgekom wat allerhande tipes van “moets en moenies” bygelas het aan God se gebooie – hul het op ’n manier hulle eie godsdiens uitgedink. Paulus skryf: “Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie” (Romeine 10:3).

Het hierdie welmenende Griekse monnike, en duisende ander mense soos hulle, “hulle eie geregtigheid probeer instel?” Oorweeg dit dat, regdeur u Bybel en in die voorbeeld van Jesus Christus en Sy naaste apostels en volgelinge, God duidelik openbaar wat Hy van Sy dienaars verwag: “Gaan die hele wêreld in” en “verkondig” die Waarheid – om ’n waarskuwing te gee en ’n voorbeeld te stel dat ander mense kan sien, selfs terwyl hulle in hierdie sonde-gevulde wêreld leef (Johannes 17:15-19).

Hoewel Jesus na die woestyn gegaan het om te vas en na “God te soek” aan die begin van Sy bediening en hoewel Hy regdeur Sy lewe gevas en gebid het, was die grootste deel van Sy tyd gewy aan voortdurende kontak met Sy medemens – om hulle te leer, te genees, hulle te dien en ’n perfekte voorbeeld te stel van die lewenswyse wat die Ewige God wil hê ons almal moet lewe. Sy dissipels het dieselfde gedoen. Nadat hulle teruggekeer het van ’n evangelisasie toer – waar hulle baie besig was om honderde mense te help en te leer – het Jesus aan hulle gesê: “Kom julle self in die eensaamheid na ’n verlate plek en rus ’n bietjie” (Markus 6:31).

Die Bybel toon dat hulle so besig was om ander mense te help en te dien – hulle was letterlik omring deur mense – dat hulle nie tyd gehad het om te eet nie. Hulle het dus na ’n verlate plek probeer gaan om te rus, soos Jesus hulle beveel het. Nogtans het Hy “’n groot menigte” gesien toe hulle uit die skuit klim en hulle het om Jesus saamgedrom. Wat het Hy gedoen? Het Hy van hulle weggegaan en daarop aangedring om “alleen te wees”? Nee! Hy het tog “innig jammer gevoel” vir hulle, en hulle toe begin leer aangaande die weg van God (verse 33-34).

Die Apostels was ook deurgaans besig om te preek, te leer, te help, te dien – hul het hulself omring met ander mense vir wie hulle kon help en dien. Hulle het hulself seldeafgesonder van ander mense, behalwe vir baie kort periodes van spesiale gebed en vas. Slegs toe die apostel Johannes, na aan die einde van sy lewe, in ’n toestand van verbanning was, was hy voortdurend afgesonder van mense. Die apostel Paulus het selfs as ’n burgerlike gevangene “in sy eie gehuurde huis” homself nie afgesonder om ander te help, te dien en te leer nie. Inteendeel: “Paulus het ... almal ontvang wat na hom gekom het, terwyl hy die koninkryk van God gepreek en onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus, met volle vrymoedigheid sonder enige verhindering” (Handelinge 28:30-31).

Jesus het toe Hy uitgevra was oor “die ewige lewe” gesê: “Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie” (Mattheüs 19:17). Op die vraag: “Watter?” het Christus begin om ’n paar gebooie oor hoe om jou naaste lief te hê, op te noem – Hy het afgesluit: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” (vers 19).

Hoe kan mens jou naaste “liefhê” indien jy jou eenvoudig afsonder van hulle en van die hele mensdom – indien jy as man vrouens verbied om in jou teenwoordigheid te wees, of as ’n vrou, die teenwoordigheid van mans verbied en prakties geen interaksie met ander mense buite jou eie klein groepie in ’n nonneklooster of ’n monnikeklooster het nie? Dít is duidelik “mens-gemaakte” godsdiens, wat heeltemal teenstrydig is met die leringe van Christus en die Wet van God! Baie mense hou nie daarvan om hierdie duidelike woorde te hoor nie. Dit is egter die waarheid.

Dit is nodig dat ons Christus se stelling onthou: “Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nieGaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!” (Mattheüs 7:22-23).

Te veel mense, soos hierdie monnike, aanvaar eenvoudig dat hulle godsdienstige leiers hulle die volle waarheid geleer het. Hulle sing ’n paar liedere en lees gedeeltes uit die Bybel, maar hulle bestudeer duidelik nie die hele Bybel om God se leringe aangaande die hele lewenswyse wat hulle moet leef, te verstaan nie. Hulle is gelukkig om die goedkeuring van diegene rondom hulle te hê, om “saam te smelt” met die mense om hulle. Dit was dieselfde probleem wat baie godsdiensleiers in Jesus se tyd gehad het: “Want hulle het die eer van die mense meer liefgehad as die eer van God” (Johannes 12:43) en het dus nie Christus, Sy leringe en lewenswyse aanvaar nie.

Hoewel die meeste monnike en nonne wat in kloosters “wegkruip” opreg mag wees, gee hulle baie geleenthede prys om gemoeid te wees met hul medemense wat hulp nodig mag hê. Wanneer mens dink aan Jesus se stelling dat dit een van die twee “groot gebooie” is om jou medemens lief te hê, dan besef mens dat hierdie mense deur hulle optrede eintlik teenstrydig met die wet en bedoeling van God leef. Hoewel hulle selfgemaakte godsdiens oppervlakkig “goed mag lyk”, is hulle manier van kloosterlewe volstreknie wat die Almagtige God bedoel het nie. Inteendeel is dit teen die hele lewenswyse wat God vir die mensdom beplan het.

Hoekom het hierdie monnike en nonne teruggetrek na die klooster? Let op die apostel Paulus se geïnspireerde waarskuwing: “Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang” (1 Timotheüs 4:1). Een van hierdie “leringe van duiwels” (vers 1) behels “verbied om te trou” (vers 3). Hoewel God sommige Christene roep om ongetroud te bly, behoort ons te verstaan dat om geforseerd selibaat te leef veroorsaak het datmiljoene priesters en nonne deur die eeue heen rondgerol het in diepe frustrasie en smart oor hulle onvermoë om in die huwelik liefde te betoon aan ’n ander mens.

Mag God ons almal help om op te hou “wonder” wat ons dink Jesus wil hê ons moet doen! Ons moet liewer leer om God se geïnspireerde woord te bestudeer, om só uit te vind wat die ware Jesus Christus van die Bybel gedoen het, wat Hy werklik verkondig en geglo het. Ons behoort te glo wat Hy geglo het, en Sy ware geïnspireerde lewenswyseuitleef. Namate ons dit doen sal God vir ons meer werklik word en Sy seëninge sal op ons neerdaal op maniere wat ons nou nie eens besef nie.

In hierdie deurmekaar en misleide wêreld moet Christene leer om “Hom met jou hele hart en jou hele siel [te] soek” (Deuteronomium 4:29). Dan sal u Skepper “u verstand open” om Sy woord werklik te verstaan en u sal begin om Hom waarlik te “ken” en te weet wat Sy doel vir u lewe is. Die Seun van God sê: “En dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het” (Johannes 17:3).