Min mense sou vandag die Verenigde State van Amerika ’n “Christelike” nasie noem. Verwarrende idees oor God raak al hoe meer prominent en miljoene mense verwerp God selfs geheel en al. Waarom? Wat sal dan gebeur as gevolg hiervan?

Verbysterende verandering lê voor en sal binnekort ’n invloed hê op u lewe en die lewens van al u geliefdes. Ons samelewing het weggedraai van die ware God – die God van die Bybel.


Voordat Barack Obama president van die Verenigde State geword het, toe hy nog Senator was, het hy in ’n beleidstoespraak gesê: “Wat ons ook al voorheen was, ons is nie meer ’n Christelike nasie nie – ten minste nie uitsluitlik nie. Ons is ook ’n Joodse nasie, ’n Moslem-nasie en ’n Boeddhistiese nasie en ’n Hindoe-nasie en ’n nasie van ongelowiges” (26 Junie 2006).

Hoe waar is dit nie! 
Baie Amerikaners – die meeste – wend hulle nie meer tot die God van die Bybel in tye van krisisse en tragedies nie. Hulle wonder eerder: “Waar was God toe 20 kinders in die Newtown-slagting gesterf het?” Of: “Waar was God in die Columbine Skool skietery meer as ’n dekade gelede?” Of: “Waar is God wanneer die een massamoord na die ander gepleeg word?”

Dit wil voorkom asof Amerika nie meer dieselfde nasie as voorheen is nie. Dit was voorheen die “arsenaal van demokrasie” en die wêreld se grootste krediteur-nasie, maar is nou ’n debiteur-nasie wat die lank-gekoesterde waardes, waarop die hele “Amerikaanse lewenswyse” gebaseer was, bevraagteken.

Het God enigsins iets te doen gehad met die afname in Amerika se internasionale mag en aansien? Wat van die merkwaardige verandering in weerpatrone – wat die toenemende ernstige oesverliese en die verskyning van voedselrantsoenering insluit? Wat van die toenemende droogte in Amerika se Midde- en Suidweste wat so erg geword het dat die regering gedwing is om gedeeltes van die Mississippirivier met dinamiet toe te skiet, omdat die watervlak so laag gedaal het dat die massiewe vragskepe, wat miljoene ton graan en ander voedselprodukte vervoer, dikwels nie in staat is om in hierdie belangrike waterweg te vaar nie? Wat van die toenemende druk op mediese fasiliteite – veral met die bedreiging van geprofeteerde siekte-epidemies wat op die horison is? Wat van die rekord aantal massiewe aardbewings wat al hoe nader aan Amerika se kuslyn beweeg?

Kan u “die kolletjies met mekaar verbind?”

Die sekulêre nuusontleders beskou al hierdie groeiende bedreigings as toevallige, losstaande gebeure met geen oorhoofse verband nie. Diegene van u wat waarlik die Bybelglo behoort egter die ware betekenis van al hierdie gebeure te besef. U behoort “die kolletjies te verbind”. U behoort te besef dat namate regters en wetgewers wat die Bybel verwerp en selfs die afskuwelike praktyk van “mans wat met mans trou” wettig, iets verskrikliks laat gebeur met die Amerikaanse volk. ’n Voorheen Bybel-gelowige nasie behoort tog van beter te weet.

Hoeveel mense besef dat die Amerikaanse en Britse afstammelinge ’n spesiale verantwoordelikheid het? Ons is daardie mense – baie meer as enige van die ander nasies – wat honderde miljoene Bybels regoor die wêreld vertaal, gepubliseer en versprei het. Ons is dié mense vir wie die Skepper voorheen geseën het deur aan ons die rykste dele van die aarde te gee, deur ons te seën met “seëninge van die hemel daarbo, met seëninge van die watervloed wat daaronder lê, met seëninge van borste en moederskoot. Die seëninge wat jou vader ontvang het, oortref die seëninge van die ewige berge, die kostelike gawes van die ewige heuwels. Dit sal wees op die hoof van Josef en op die hoofskedel van die uitverkorene onder sy broers” (Genesis 49:25-26).

Ons is besig om die Bybel te verwerp

Omdat ons besig is om weg te draai van die God van die Bybel, sal die Ewige God ons nasies toenemend “skud” totdat ons daarvan sidder! Ons in Amerika – tesame met die volke van Britse afkoms – is werklik die afstammelinge van die sogenaamde “Verlore Tien Stamme van Israel”. Die God wat aan ons lewe en asem skenk, het hierdie spesifieke gebeure voorspel om oor ons te kom, tensy ons ons bekeer. In ’n ontsagwekkende profesie wat verwys na ons tyd, belowe die Almagtige God om ons volke in elke opsig te seën indien ons sou kies om “sorgvuldig ... al sy gebooie wat ek jou vandag beveel” te onderhou (Deuteronomium 28:1). Verder: “Die Here sal sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak om die reën van jou land op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën; en jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie. En die Here sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van die Here jou God wat ek jou vandag beveel om te hou en te doen” (verse 12-13). Die Amerikaanse en volke van Britse afkoms het hierdie ontsaglike seëninge ontvang as gevolg van ons vader Abraham se gehoorsaamheid aan God se gebooie, insettinge en wette (Genesis 26:3-5).

Dink noukeurig.
Hoe was die mense van Engeland – ’n relatief klein nasie wat op ’n eiland gewoon het – enigsins daartoe in staat om beheer te verkry oor groot nasies en kontinente regoor die wêreld? Daar was ’n tyd toe hulle beheer uitgeoefen het oor die VSA, Kanada, Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en groot kolonies soos Indië, Burma en baie dele van Afrika en die Midde-Ooste. Het dit alles “net gebeur”? Of was dit omdat die Almagtige God ingegryp het om Sy belofte aan Abraham, Isak en Jakob gestand te doen deur hulle nageslag te seën met sulke groot mag, selfs teen die eindtyd? God het ons mos toegelaat om saam die Eerste Wêreldoorlog, die Tweede Wêreldoorlog, die eerste Golfoorlog en vele ander konflikte te wen.

Namate ons ons distansieer van God en Sy wette, het ons oorwinnings al hoe moeiliker geword, ons nasionale aansien in wêreldsake het al hoe minder geword en ons is nie meer die “kop en nie die stert”, soos dit eens was nie. Nou, eerder as om die wêreld se grootste “uitleen”-nasie te wees, het die Verenigde State die wêreld se grootste “lener” geword. Ons het God se waarskuwing vergeet: “Die ryke heers oor die armes, en hy wat leen, is ’n slaaf van die man wat uitleen” (Spreuke 22:7). Amerika sal, meer as wat u kan besef, binnekort die “kneg” van ander nasies wees – dit gaan verskriklik wees!

Namate ons toenemend God se insettinge verag, sal Hy “verskrikking” en “tering” oor ons beskik. Hy sal stadig maar seker “ons trotse mag verbreek” (Levitikus 26:16, 19-20). Dit is nou besig om voor ons oë te gebeur! Die Ewige God stel dit tog duidelik in een van Sy insettinge wat die meeste van die moderne Amerikaners beslis verag: “Met ’n manspersoon mag jy ook geen gemeenskap hê soos ’n mens met ’n vrou het nie. Dit is ’n gruwel” (Levitikus 18:22). In die Nuwe Testament is die apostel Paulus ook geïnspireer om hierdie wet van God te bevestig en selfs uit te brei toe hy die sogenaamde “groot” filosowe beskryf het: “Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ’n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie” (Romeine 1:26-28).

Dink weer!
Het ons sogenaamde “gevorderde” samelewing so gevorderd geraak dat – soos Paulus dit stel – ons “dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie”?Presies!

Wat lê dus vir u en al u geliefdes voor – indien ons ons nie werklik bekeer en die ware God – die God van die Bybel – begin soek nie? Nadat Hy die ongelooflike seëninge oor ons volke in Deuteronomium 28:1-14, beskryf, beskryf die grote God presies wat sal gebeur as ons voortgaan om ons rug op ons Skepper te draai: “Maar as jy nie luister na die stem van die Here jou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal. Vervloek sal jy wees in die stad, en vervloek sal jy wees in die veld. Vervloek sal wees jou mandjie en jou bakskottel. Vervloek sal wees die vrug van jou liggaam en die vrugte van jou land, die aanteel van jou beeste en die aanteel van jou kleinvee. Vervloek sal jy wees by jou ingang, en vervloek sal jy wees by jou uitgang” (Deuteronomium 28:15-19).

Nou toe nou!
Kan hierdie ’n geïnspireerde beskrywing wees van die toenemende slagting van jong mense in plekke soos Newtown, Connecticut? Kan hierdie ’n beskrywing wees van die massiewe droogte wat in die Amerikaanse Midde- en Suidweste heers? Kan dit ’n beskrywing wees van die komende siekte-epidemies – epidemies so ernstig dat hulle net eenvoudig ons mediese stelsel sal oorweldig? Kan dit alles lei tot die totale militêre en finansiële ineenstorting van Amerika, wanneer die Almagtige God teen ons “dievervloeking, die verwarring en die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen; totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheidvan jou handelinge, dat jy My verlaat het” sal stuur (vers 20).

Mag God ons help om wakker te word!
Daar is egter nog tyd vir miljoene van ons mense om tot hulle sinne te kom en gewillig te wees om “die kolletjies te verbind” – om die God van die Bybel te soek en Hom te gehoorsaam. Sal u een van die wees wat gewillig is om dit te doen?

U moet gewillig wees om te luister!

Terwyl die nuus-kommentators en sogenaamde “ontleders” so baie van die gebeure rondom ons beskryf, misluk hulle hopeloos daarin om “die kolletjies met mekaar te verbind”. Met betrekking tot die skietery by skole, praat hulle daarvan om meer polisie by skole te hê. Hulle praat van die bewapening van onderwysers. Hulle praat daarvan om beter opleiding in burgerleer of menslike verhoudings aan te bied. Hulle laat hulself egter nie toe om die werklike oorsaak van die probleem aan te spreek nie! In ons moderne samelewing praat ons bykans altyd oor die simptome van die verskriklike dinge wat gebeur, maar ons is skynbaar verblind om die oorspronklike oorsaak daarvan te begryp.

Waarom? Die meeste mense hou nie daarvan om die oorsaak te hoor nie. Die waarheid druis in teen hulle moderne “progressiewe” ideologie. Dit behels ’n gewilligheid om die God van die Bybel te gehoorsaam op ’n manier wat selfs baie min godsdienstige leiers bereid is om te erken of te doen! Waarom is so baie mense so verblind? “[O]mdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie” (Romeine 8:7).

Daar is duidelik ’n groeiende antagonisme in die gedagtes en harte van miljoene “moderne” individue – wat, te verstane, teleurgesteld of ontnugter is deur verskeie valse godsdienste en ideologieë – wat hulle dan gekant maak daarteen om selfs die moontlikheid te oorweeg dat ’n ware God bestaan en dat Hy die gesag het om aan ons te sêwat om te doen! Eenvoudig gestel, die meeste mense is nie bereid om in nederigheid te “luister” na hul Skepper of na Sy geïnspireerde Woord, die Bybel, nie.

Nogtans dui dieselfde profesieë wat ek so pas aangehaal het uit Levitikus 26 en Deuteronomium 28 – ook letterlik talle ander profesieë in u Bybel, beide in die Ou en die Nuwe Testament – duidelik aan dat mense sal ly omdat hulle nie gewillig is om hul Skepper te gehoorsaam nie! Dit klink amper te eenvoudig om waar te wees. My vriende, dit is absoluut waar – hierdie waarheid sal binnekort ’n invloed op u lewe hê, namate ons moderne samelewing al hoe verder wegdraai van God af.

Wanneer jong mense – eintlik mense van alle ouderdomme – nie geleer word om die Skepper God na behore te eerbiedig en die Tien Gebooie as ’n lewenswyse tegehoorsaam nie, dan sal hulle sedelike en maatskaplike waardes uiteraard geneig wees om met elke verbygaande dekade nog meer agteruit te gaan. Die huisgesin spat al hoe meer uitmekaar en gaan tot niet. Geweld en misdaad raak al hoe meer algemeen. Selfs mense se gewilligheid om saam te werk in gemeenskaplike belang neem baie af – presies net soos ons dit vandag in die Europese Parlement en in die Amerikaanse Kongres sien, waar dit lyk asof die politieke leiers heeltemal onbekwaam is om saam te werk om sinvolle oplossings te vind en ons mense tot vrede en voorspoed te lei.

Weereens, waarom? Omdat die oorgrote meerderheid van mense vandag afgesny is van God! Hulle het God verban uit hulle skole, van die openbare plein af – of u dit nou wil erken of nie – is selfs die ware God en Sy geïnspireerde Woord uit dieselfde kerke wat bely dat hulle “Christelik” is verban! Wat beteken dit om “Christelik” te wees? Christus Self leer ons: “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God” (Lukas 4:4). Nogtans wil baie mense nie erken dat toe Hy hierdie woorde gesê het, die “Nuwe Testament” nog nie eens bestaan het nie! Jesus het duidelik verklaar dat die “Ou Testament” ook God se woord is wat gehoorsaam moet word! Jesus Christus het gekom om Sy “gebooie groot en roemryk te maak” (Jesaja 42:21 NLV).

Die meeste belydende leraars van Jesus Christus het egter Sy woorde op ’n merkwaardige wyse “verdraai” omdat hulle nie bereid is om te erken dat toe Jesus die wet “groot” gemaak het, Hy nie “weggedoen” het daarmee nie! Wanneer ’n mens ’n ding “vergroot”, sien ’n mens dit net groter en duideliker – soos om deur ’n vergrootglas na ’n sneeuvlokkie te kyk en al sy veelsydigheid en skoonheid te sien. Nogtans verkondig leraars vandag dikwels dat Jesus, of later die apostel Paulus – of enige iemand – “weggedoen” het met God se wet! Dit blyk asof hulle verwoed in hulle begeerte is om op die een of ander manier vorendag te kom met ’n God wat geen gehoorsaamheid aan Sy wet vereis nie! Tog het die Jesus Christus van die Bybel – op baie verskillende maniere – herhaaldelik aan Sy volgelinge gesê: “... as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie”. Daarna het Hy sommige van die Tien Gebooie begin opnoem (Mattheüs 19:17-19).

Nadat Jesus die gebooie in die Bergpredikasie “vergroot” het, het Hy gesê: “Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele” (Mattheüs 5:19). Na watter gebooie het Hy verwys? Nadat Hy die Tien Gebooie vergroot het, het Jesus gesê: “Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie egbreek nie. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat na ’n vrou kyk om haar te begeer, reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het” (Mattheüs 5:27-28). Jesus het duidelik oor een van die Tien Gebooie gepraat – die een teen die pleeg van egbreuk. Het Hy dus “weggedoen” met daardie gebod? Natuurlik nie! Hy het dit dan selfs meer bindend gemaak deur te sê dat as ’n man selfs net “na ’n vrou kyk om haar te begeer”, hy reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg het! Hoe duidelik!

Vandag se “geleerde” teoloë impliseer voortdurend dat die apostel Paulus op die een of ander manier “weggedoen het” met God se wet. Paulus het egter glad nie so ietsgedoen nie! Inteendeel, hy het eerder geskryf: “Die besnydenis is niks en die onbesnedenheid is niks, maar die onderhouding van die gebooie van God” is wat saak maak (1 Korinthiërs 7:19).

Die onderhouding van die Tien Gebooie bring seëninge!

Ja, “onderhouding van God se gebooie” is wat regtig saak maak – vir individue en vir die gemeenskap in geheel. Indien ons ons werklik sou bekeer en bereid is om die God van die Bybel in ons kerke, skole en in ons hele samelewing toe te laat, sal ons ons kinders van heel kleins af ’n hele lewenswyse leer wat gebaseer is op die Tien Gebooie – wat beskryf hoe om God lief te hê en hoe om ons naaste lief te hê.

Indien ons ons Skepper se wette onderhou, sal die voorsiening van polisielede by skole, die opsluit van honderde duisende mense in tronke en alle ander onnodige dinge wat miljarde van ons belastingrande gebruik, oorbodig wees. U eie Bybel verklaar heel duidelik, van die begin tot die einde, dat daardie volke en gemeenskappe wat gewillig is om gehoorsaam te wees aan God se Tien Gebooie, geseënd sal wees. Nadat hy die gebooie oor owerspel en moord (Jakobus 2:11) verduidelik het, gaan die apostel Jakobus voort om Christene te leer: “Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word” (vers 12). Ja, indien die Tien Gebooie onderhou word, sal ons inderdaad “bevry” word van misdaad, geweld, verkragting, mishandeling van vroue en kinders, oorlog, knoeiery en gierigheid – dus sal die enorme bedrae om misdadigers in tronke te hou nie spandeer word nie!

God het deur die geïnspireerde Skrif openbaar dat, wanneer die hele wêreld met Christus se wederkoms, die Tien Gebooie begin onderhou, vrede en seëninge die aarde sal oordek. Die profeet Miga beskryf hierdie toekomstige tyd as volg: “En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die Here vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom. En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die Here en na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem. En Hy sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlogte voer nie. Maar hulle sal sit elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, sonder dat iemand hulle verskrik; want die mond van die Here van die leërskare het dit gespreek” (Miga 4:1-4).

Let op dat vrede die gevolg sal wees van die wet wat uitgaan uit Sion en dat elkeen wat deur hierdie profesie geraak word: “... onder sy wingerdstok en onder syvyeboom” sal sit. Voorspoed en individuele vryheid en vrede in die gemoed sal sekerlik die algemene lewenswyse wees – alles gebaseer op God se geestelike wet wat aan ons sê hoe om God lief te hê en hoe om ons naaste lief te hê.

Terwyl hierdie komende tyd van Christus se heerskappy beskryf word – ’n tyd waar regeer sal word deur gehoorsaamheid aan die Tien Gebooie – beskryf God die seëninge wat mense sal ontvang wanneer hulle verlos sal word uit ballingskap: “In plaas van julle skande ontvang julle ’n dubbele deel; en in plaas van die smaad sal hulle jubel oor hul deel. Daarom sal hulle in hul land ’n dubbele deel in besit neemewige vreugde geniet” (Jesaja 61:7). Ja, God wil hê dat alle mense “ewige vreugde” moet geniet – maar ons moet gewillig wees om die weg na daardie vreugde aan te leer. Daardie weg is nie volgens “menslike redenering” en menslike ydelheid nie, maar is eerder gebaseer op ’n gewilligheid om die lewensweg wat duidelik deur ons Skepper in Sy geïnspireerde Woord uiteengesit word, te gehoorsaam.

Weereens, die meeste hedendaagse mense hou nie daarvan nie. Hulle is “verblind” deur die onsigbare mag van Satan die duiwel wat – soos u Bybel duidelik en herhaaldelik sê – “die hele wêreld verlei [mislei]” (Openbaring 12:9). Derduisende van u wat hierdie artikel lees, mag egter gewillig wees om nie mislei te word nie. Mag God ons help om opreg te “luister” en die God van die Bybel te soek en bereid te wees om te doen wat Hy sêDit, my vriende, is die uiteindelikwerklikheid!

Wees gewillig om te handel volgens die waarheid!

Indien u graag God se geïnspireerde Wet – die wet van liefde – in meer besonderhede wil verstaan, ook hoe dit onderhou behoort te word – vra verseker u eie heeltemalgratis kopie van ons kragtige en insiggewende boekie, Die Tien Gebooie, aan. Skryf net aan die Streekskantoor die naaste aan u, gelys op bladsy 2 van hierdie tydskrif. U kan ook die boekie aanlyn bestel by www.wvm.co.za. Indien u verder bereid is om u oë oop te maak om te erken waarom die mensdom so verward is en so ver “afgedwaal” het van die ware lewensweg, kan u ook ’n gratis kopie van ons baie insiggewende boekie, Satan se Vervalste Christendom, bestel.

Ten slotte, indien u dit nog nie gedoen het nie, vra asseblief ook u eie gratis kopie van ’n insiggewende boekie aan wat vir u in besonderhede sal uitspel hoe ons Westerse samelewing “so ver afgedwaal” het – hoe ons gekom het waar ons vandag is – wat ware Christenskap alles behels. Hierdie absoluut noodsaaklike boekie se titel is:Hervestig die oorspronklike Christenskap. Dit sal u oë oopmaak vir hoe die ware Christenskap van Christus en Sy apostels daar uitsien! Dit sal u ook help om dielewenswyse te verstaan wat die hele wêreld binnekort sal handhaaf wanneer Jesus Christus terugkeer na hierdie aarde as die Koning van die konings (Openbaring 17:14).

Deur hierdie boekies te lees en te bestudeer, sal u tot dieper insig kom van die werklike oorsaak van ons moderne verdorwenheid, die redes vir die probleme wat toenemend om ons ontwikkel in ons regerings, ons opvoedkundige instellings, ons godsdienstige instellings en ons hele samelewing. U sal meer bewus raak van die opwindende betekenisse van die profesieë in u Bybel, van presies waarheen ons op pad is – asook wat u moet doen om u en u geliefdes in die nabye toekoms te beskerm.

God het die apostel Jakobus geïnspireer om aan ons te sê: “En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie” (Jakobus 1:22). Mag God u help om ’n “dader” van Sy geïnspireerde Woord te wees en om sodoende u verstand te open vir die ware betekenis van die lewe, die betekenis van al hierdie profetiese gebeure wat begin gestalte aanneem rondom ons en die manier waarop u God se doel kan verwesenlik en deel te kan hê in Jesus Christus se wêreldregering wat eersdaags sal aanbreek. “Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie. Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus” (2 Petrus 1:10-11).