Dramaties vervulde profesieë is besig om hierdie wêreld na die einde van hierdie samelewing soos ons dit ken te neem, of ons dit nou ook al besef of nie! Die onlangse skrikwekkende aardbewing in Haïti is besig om een van die ergste rampe in hedendaagse tye te word. Binne dae na die ramp was meer as 200,000 mense as dood aangegee en 1.5 miljoen is haweloos gelaat. Namate die dae verbygegaan het, het die omvang van die skade al hoe meer duidelik geword. Haïti het ’n knou beleef wat jare kan neem om van te herstel!

Baie organisasies het gehaas om hulp te stuur. Ons was in staat om ’n Haïtiaanse lid van ons Wêreld van Môre bediening te help om persoonlik bystand te verleen – finansieel en andersins – aan baie lydende Haïtiane. Ons is natuurlik almal besorg oor ons lydende medemense.

Waarom egter so ’n tragedie?

In ’n kommentaar oor die Haïti-aardbewing sê President Barack Obama van die Verenigde State: “Vir ’n land en mense wat nie vreemdelinge is van swaarkry en lyding nie, lyk hierdie ramp besonder wreed en onverstaanbaar” (USA Today, 13 Januarie 2010). Die President het die ramp as “onverstaanbaar” beskryf – iets wat hy nie kan verstaan nie. Hy noem dit nogtans ook “wreed”. Het hy God wreed genoem? Kon hy bedoel dat ’n sataniese mag hierdie wrede aardbewing veroorsaak het? Dit maak nie saak hoe mens hierdie opmerkings vertolk nie, dit openbaar ’n man wat werklik nie verstaan nie. Min mense verstaan egter.

Ons behoort egter te verstaan. Ongetelde duisende van u, intekenaars, het alreeds aan uself bewys dat ons by die Wêreld van Môre wel weet wat die betekenis is van die profesieë wat hier op aarde uitgewerk word! Baie van ons in hierdie Werk het gehelp om hierdie gebeure dekades vooruit te verduidelik, sedert ons nou saamgewerk het onder mnr. Herbert W. Armstrong in die Werk wat Christus deur hom gedoen het. Ons wil hê dat u ook moet weet wat ons weet.

Eerstens is dit noodsaaklik om te besef dat God ’n 7,000 jaar plan het! Hy probeer nie om elke mens in hierdie tyd, te “red” nie! Andersins sou Hy as El Shaddai – “Almagtige God” – elke mens op die oomblik gered het – en geen mag in die heelal sou Hom kon keer nie!

Jesus Christus Self het gesê: “Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag” (Johannes 6:44). Jesus se eie lering dui daarop dat Hy en God die Vader nie tóé probeer het om elkeeen te “red” nie. Nadat Hy verkondig het dat Hy Self inderdaad die “Rots” is waarop die ware Kerk gebou gaan word, het Jesus Petrus bestraf en gesê: “Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My ’n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense” (Mattheüs 16:23)! Net soos die meeste mense, het Petrus nie besef dat menslike wesens gewoonlik baie lyding nodig het om die lesse te leer wat ons moet leer nie, asook dat Jesus se lyding en dood ’n noodsaaklike deel van God se plan was.

Wanneer Jesus toe sê: “Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie” (Johannes 6:65), gaan die Skrif voort en sê aan ons: “Hieroor het baie van sy dissipels teruggegaan en nie meer saam met Hom gewandel nie” (vers 66).

Jesus het nie agter hulle aan gehardloop – desperaat om hulle dan en daar te “red” nie. God laat egter toe dat in die eerste 6,000 jaar tydperk van Sy groot Plan vir menslike wesens die lesse geskryf word wat hulle moet leer deur die menslike lyding wat volg wanneerhulle hul eie weg volg. Die meeste sal nie daardie lesse ten volle leer tot eers later nie. God het dus, in effek, Hom daarvan weerhou om “in te meng” met ons menslike samelewing, wat Hy nou toegelaat het om onder die tydelike beheer van Satan die duiwel te staan. Die meeste van u, lesers, weet dit – maar die mense wat uitroep: “Waar was God in dit alles?” verstaan nie!

Hierdie mense het nooit verstaan nie of het heeltemal vergeet van die vele verse wat ons vertel dat Satan in werklikheid die “god” van hierdie tydvak is (2 Korinthiërs 4:4). Baie van hierdie mense – dikwels sogenaamde Christene – aanvaar verkeerdelik dat God op een of ander manier probeer om “almal nou te red” en dus onverskillig sou wees as Hy nie ingryp om mense te red van elke tragedie wat plaasvind nie. Die Skepper van die heelal probeer egter nie om dit alles te doen nie – nie nou nie.

Is die mense van Haïti groter sondaars as die meeste van die res van ons?
Gepraat van die waarom van menslike tragedies, vertel die Evangelie van Lukas aan ons: “En in dieselfde tyd was daar mense teenwoordig wat Hom berig gebring het van die Galiléërs wie se bloed Pilatus met hulle offers gemeng het.En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dink julle dat hierdie Galiléërs groter sondaars was as al die Galiléërs, omdat hulle sulke dinge gely het? Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom. Of daardie agttien op wie die toring van Silóam geval en hulle gedood het – dink julle dat hulle meer skuldig was as al die mense wat in Jerusalem woon? Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom” (Lukas 13:1-5).

Met al die opstand teen God se wette en weë regdeur die hele wêreld – die venynige oorloë, martelings en verkragtings, misdaad en geweld, ontug, owerspel en seksuele perversie – is daar baie sonde orals! God laat verwarde mense toe om hulle eie weë uit te dink – om dronkenskap uit te toets, onwettige dwelmmiddels en selfs “huwelike” tussen lede van dieselfde geslag! God laat egter ook die lyding en angs toe wat uiteindelik kom oor diegene wat Sy wette verbreek. God weet Hy sal op Sy tyd hulle oë open vir die Waarheid van Sy bestaan en Sy groot Plan, en dat die meeste mense hulle sal bekeer en hul na God sal wend wanneer hulle werklik verstaan.

Intussen laat God gewoonweg toe dat die “wette van die natuur” hul tol eis. Benewens dít, gryp Hy soms bonatuurlik in om mense tot hul sinne te skud. Jesus Christus waarsku Self, met betrekking tot die laaste dae: “En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees en hongersnode en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom” (Lukas 21:11).

Namate wêreldse mense God se naam vervloek en belaster – terwyl selfs die sogenaamde intelligentsia “die spot dryf” met die idee van ’n ware God en Sy weë verag – gaan God letterlik begin om die nasies te skud om hulle nederig te maak en hulle volle aandag te kry.

God het die geliefde apostel Johannes geïnspireer om ons van hierdie tyd wat binnekort kom, te vertel: “En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ’n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ’n harige sak, en die maan het geword soos bloed; en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ’n vyeboom wat deur ’n groot wind geskud word, sy navye laat afval; en die hemel het weggewyk soos ’n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekkeversit; en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge, en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?” (Openbaring 6:12-17).

Sal mense uiteindelik begin om “wakker te skrik” en hulle na God wend wanneer ’n groot aardbewing alles om hulle begin skud? Mens mag so hoop. Vir die meeste mense sal hul hardkoppige, eiesinnige gesindhede dit egter baie moeilik maak! Die meeste mense kom in opstand teen die idee van ’n ware God wat die gesag het om aan hulle voor te skryf hoe hulle hulle lewens moet leef. Hulle hou nie daarvan om vertel te word dat die Tien Gebooie nie slegs tien “voorstelle” is nie – maar ’n onveranderlike, onveranderbare wet is wat hulle moet gehoorsaam: “... omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie” (Romeine 8:7).

Elkeen van ons moet gereeld “onsself ondersoek” om te sien of ons waarlik onsself onderwerp het om ons Skepper te gehoorsaam – die God van die Bybel: “Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe” (Hebreërs 12:26). Verder sê God se woord aan ons: “Daarom, omdat ons ’n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. Want onse God is ’n verterende vuur” (verse 28-29).

Geagte intekenaars en vriende, moet asseblief nie hierdie woorde ligtelik opneem nie! Moet nie aanvaar dat die Haïti-aardbewing maar net ’n eenmalige gebeurteniswas nie. Wanneer u nadink oor die beelde van hope rommel, stapels lyke van mense wat inderhaas in massagrafte begrawe is, die onberekenbare duisende getraumatiseerde, verhongerde, byna hopelose mense, besef dan dat hierdie einste tipe verwoesting nog gaan plaasvind in die stede waarin baie van u leef (Openbaring 16:17-19)! Ja! Want God waarsku ons aangaande ’n toekomstige “groot aardbewing”. Hy bedoel presies wat Hy sê! Hierdie huidige samelewing gaan spoedig tot ’n einde kom. En God sal nie“speletjies speel” met diegene wat opsetlik weier om hulle einste Skepper te gehoorsaam nie! Indien God verstand open, doen alles wat u kan om te reageer op Sy kosbare Waarheid terwyl u die geleentheid het. Indien u dit nie alreeds gedoen het nie, kontak die streekskantoor naaste aan u (gelys op bl. 2)en vra vir ’n gratis kopie van ons insiggewende en inspirerende boekie, Is Hierdie die ENIGSTE Dag van REDDING? Dit sal werklik “u oë” open vir God se groot doel en hoekom Hy dikwels toelaat dat menslike tragedies gebeur.