Die Lewende Kerk van God is 'n nuwe organisasie met 'n ou geskiedenis.
Die leier, Dr. Roderick C. Meredith, was een van die oorspronklike evangeliste
verorden deur die afgestorwe Herbert W. Armstrong in Desember 1952.
Vir langer as 'n halwe eeu het Dr. Meredith die waarheid van God kragtig
verkondig aan miljoene mense deur middel van sy honderde artikels en
boekies. Hy het persoonlik evangelistiese vergaderings en lesings dwarsdeur
die Verenigde State, Kanada en die Britse Eilande gehou. Daarbenewens,
het hy uitsendings oor die radio en televisie aan die hele Engelssprekende
wêreld uitgesaai.
Die Lewende Kerk van God is in Noord en Suid Amerika, Europa, Asië,
Afrika en Australasië werksaam. Daar is verskeie verordende leraars
en meer as tweehonderd gemeentes. Afgesien van uitsendings in Engels
deur dr. Meredith en mede-evangeliste Richard Ames, Rod King en Wallace Smith, borg
die Kerk uitsendings in Frans deur Dibar Apartian, in Spaans deur Mario
Hernandez en in Afrikaans deur Pieter van der Byl in Suid-Afrika.
Gemeentelede beskou hulself vandag as die geestelike erfgename van
die oorspronklike Jerusalem Kerk van die Nuwe-Testamentiese tye.