Goeiedag, vriende wêreldwyd! Hierdie is Roderick C. Meredith namens die Wêreld van Môre!

Wanneer sal die volgende enorme aardbewing die aarde tref? En, waar?

Die massiewe aardbewing met ’n omvang van 9.0 op die Richterskaal wat pas aan die kus van Soematra beleef is – wat reusagtige vloedgolwe veroorsaak het – het tienduisende gedood en honderde miljoene dakloos gelaat. Dit was die kragtigste aardbewing in 40 jaar. Miljoene mense sal deur die wydverspreide verwoesting van huise en eiendom geraak word. Nou is die onheilspellende bedreiging van siekte as gevolg van waterbesoedeling ook ’n faktor. Hierdie aardbewing word reeds gereken as een van die wêreld se grootste natuurrampe in aangetekende geskiedenis.

Hoe lank egter tot die volgende groot aardbewing? Die laaste aardbewing van hierdie omvang – of groter – het Prins William Eiland in Alaska 40 jaar gelede getref. Die meeste mense neem aan dat rampe van hierdie omvang net elke 20 tot 40 jaar voorkom. In die verlede mag dit die geval gewees het, maar ons het beslis ’n ander tydperk betree – ’n tydperk wat baie min mense werklik verstaan.

moet verstaan!

Die Ewige God wat die hemel en aarde geskape het, onthul bepaalde inligting aan dié wat bereid is om te luister. In Sy geïnspireerde Woord, wat ons die Bybel noem, beskryf God ’n tyd net voor die Wederkoms van Jesus Christus na hierdie aarde. Hy noem dit “die laaste dae” of die “tyd van die einde”. Ons leef beslis in daardie tyd! Gedurende die volgende paar jaar sal u tot die volle besef hiervan moet kom mits u oë het om te sien en gewillig is om te verstaan.

Die onlangse enorme aardbewing is nie ’n “eenmaal in 40 jaar” gebeurtenis nie! Ongelukkig is dit net een van die heel eerste van ’n hele reeks natuurrampe wat bestem is om die hele aarde te skud soos nog nooit tevore nie!

Jesus beskryf die tyd net voor Sy Wederkoms en sê vir ons: “En daar sal groot aardbewings op verskillende plekke wees en hongersnode en pessiektes; en daar sal verskriklike dinge en groot tekens van die hemel kom” (Lukas 21:11). ’n Paar verse later gaan Jesus voort: “En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word” (verse 25-26). Ons gaan beslis hierdie tydperk binne. Talryke aardbewings – sommige gepaardgaande met kragdadige tsoenami’s – sal hierdie aarde binne die volgende 5 tot 15 jaar van u lewe tref.

In Jesaja 2, nadat die “laaste dae” en die tyd van Christus se Wederkoms na die aarde as Koning van konings beskryf word, sê God vir ons hoe Hy die hele mensdom gaan verootmoedig om hulle te oortuig om werklik na Hom te “luister”. God beskryf daardie tydperk in besonderhede wanneer Hy vir ons in Jesaja 2:19 sê: “En hulle sal gaan in die spelonke van die rotse en in die gate van die grond vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik”! Aangesien hierdie hoofstuk in Jesaja hoofsaaklik praat van “die huis van Jakob” (verse 3 en 5), kan ons verseker wees dat talle van die eindtyd aardbewings die Verenigde State en ander nasies van Britse afkoms sal tref. Moet dus asseblief nie aanneem dat hierdie geprofeteerde rampe hoofsaaklik die verafgeleë Derdewêreldlande sal tref nie want dit sal nie in die toekoms die geval wees nie!

Die wydverspreide verwoesting wat ’n paar maande gelede veroorsaak was deur ’n hele reeks orkane wat hul weg deur Florida en groot dele van die suidoostelike Verenigde State geploeg het, was maar net die begin! Jesus Christus beskryf hierdie einste eindtyd waarin ons nou leef wanneer Hy sê: “En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke” (Mattheus 24:6-7).

Ons beleef nou net die begin van die direkte ingryping van die Almagtige God om die volke te skud totdat Hy hulle volle aandag het! Mag God aan u die nederigheid en die “ontvanklikheid” gee om gewillig te wees om te sien wat God Self besig is om te doen – en wie Hy gebruik om hierdie wêreld te waarsku teen die spesifieke profesieë wat die tyd beskryf waarin u leef. Indien u werklik meer wil verstaan, skakel ons en versoek ’n gratis eksemplaar van ons kragtige boekie, Veertien tekens wat Christus se Wederkoms aankondig! Hierdie boekie sal u spesifieke besonderhede gee van die bepaalde profesieë wat nou vervul word. Hierdie insiggewende boekie, Veertien Tekens wat Christus se Wederkoms Aankondig sal absoluut gratis aan u gestuur word op u versoek. Vra net vir die boekie oor “Veertien Tekens” of u kan dit aflaai van ons webblad: http://www.wvm.co.za

Hierdie is Roderick Meredith namens die Wêreld van Môre!