Ons lees en sien daagliks foto’s van al hoe meer miljoene radelose mense wat uit hulle vaderland vlug in ’n desperate poging om ’n plek van veiligheid te bereik. Hierdie mense arriveer in Europa in toenemende getalle vanuit Afrika, die Midde-Ooste en ander gebiede. Waarom? Omdat hulle menslike regerings misluk. Omdat hulle mense “desperaat” is om ’n plek te vind waar hulle en hul kinders ’n redelike gevoel van fisiese veiligheid kan hê, asook om die basiese lewensmiddele, soos kos, water en behoorlike sanitasie te kan aanskaf.

Regdeur die Midde-Ooste, Afrika en baie nasies in Asië, Suid-Amerika en elders, is regerings besig om te misluk. In Venezuela is daar nou letterlik miljoene mense wat in hongersnood verkeer. Daar is finansiële ontwrigtings en in Brasilië, Argentinië en elders in die hele Latyns-Amerika nader regerings bankrotskap. Dink aan die honderde mense wat deur dwelmsindikate in Mexiko vermoor, verkrag en gemartel word. Weereens, waarom?

Wanneer ons in Génesis 6 die geïnspireerde verhaal lees van waarom God die Almagtige alles wat lewe op die aarde, behalwe die gesin van Noag “vernietig” het, word dit duidelik dat die huidige generasie baie naby aan dieselfde mate van menslike agteruitgang gekom het, soos in die tyd van Noag. “Maar die aarde was verdorwe voor die aangesig van God, en die aarde was vol geweld” (Génesis 6:11).

Geagte lesers, wanneer ons die konstante verslae in die nuus lees oor hoe korrupte regerings regoor die aarde hulle mense onderdruk en verarm, is dit duidelik dat die Almagtige God binnekort sal ingryp! God sê vir ons in Sy Woord: “Want Ek, die Here, het nie verander nie” (Maleági 3:6) Die onveranderlike Jesus Christus kom binnekort weer (Openbaring 11:15). Dit is in werklikheid die enigste hoop vir hierdie verdorwe geslag!

Die Werk word gedoen!

Ons in hierdie Werk het nou die wonderlike geleentheid om met toenemende krag na die wêreld uit te reik en die werklikheid van die ware God te verkondig, die werklikheid van Christus se Wederkoms asook die ware betekenis van die lewe wat deur so min mense op aarde werklik verstaan word. Ons in hierdie Werk motiveer onsself om God se Waarheid aan hierdie misleide en verwarde wêreld te verkondig. Hierdie Werk van die  lewende Jesus Christus is voortdurend besig om kragtig en met impak toe te neem. Ek hoop dat al die gereelde lesers vir die voortgesette groei van hierdie Werk bid! Ons is dankbaar vir die toename in ons Tomorrow's World/Wêreld van Môre-tydskrif subskripsies, wat ons Maart-April 2016 gedrukte uitgawe ontvang het. Ons het ’n nuwe rekord van 539,000 unieke individuele intekenaars bereik. Wanneer u in gedagte hou dat baie eksemplare deur twee of drie persone gelees word, beteken dit dat meer as ’n miljoen mense heel moontlik deur elke uitgawe van hierdie tydskrif bereik word!

Ons wil goeie rentmeesters van die hulpbronne wees wat deur God voorsien word. U sien dus dat hierdie uitgawe se sirkulasiegetal ’n bietjie gedaal het. Soos baie van u weet, vra ons diegene wat vir ’n geruime tyd nie met ons in aanraking was nie, om hulle subskripsie “te hernu”. Ons werk ook daaraan om maniere te vind om hierdie boodskap so koste-effektief as moontlik op maniere te versprei om nuwe lesers te bereik. Baie van ons lesers, veral die jongeres, is “digitale boorlinge” wat die meeste van hulle leeswerk op hulle rekenaars of selfs op hulle slimfone op die Internet doen. Ons reik dus na daardie lesers uit met ’n wonderlike nuwe “digitale blaaiboek”-weergawe van hierdie tydskrif. U kan dit by u gedrukte subskripsie voeg deur aanlyn na TomorrowsWorld.org/digital te gaan. U kan selfs na digital-only oorskakel indien u dit sou verkies.

Geagte lesers, laat ons onthou dat Jesus Christus Sy dienaars beveel het: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom” (Markus 16:15). Hierdie Werk is die vervulling van daardie opdrag, baie kragtiger as enige ander soortgelyke werk op aarde vandag! Ons is dankbaar dat ons deur God gebruik kan word as Sy dienaars om Sy opdrag uit te voer. Die belangrikste van alles is dat ons dankbaar teenoor die Almagtige God is omdat ons hierdie geleentheid het, dat Hy aan ons die krag gee en vir ons “deure” oopmaak (Openbaring 3:8) om die hele wêreld met die eindtydse boodskap van Christus te bereik en die mense van hierdie wêreld te waarsku, op ’n wyse waarvan die meeste van hulle nog nooit tevore gehoor het nie. Ons dank God daarvoor! Ons behoort werklik met totale geloof en vreugde uit te sien na Christus se Wederkoms, wanneer Hy “die Werk sal klaarmaak” wat Hy in hierdie leeftyd begin het.

God laat Hom nie bespot nie! Al hierdie feitlik waansinnige en veragtelike idees en praktyke wat nou in ons verdorwe samelewing die rondte doen, sal binnekort tot ’n einde kom wanneer Christus weer as Koning van die konings terugkom! Voordat dit kan gebeur, sal God egter hierdie wêreld werklik moet skud sodat al die nasies uiteindelik gewillig sal wees om na Sy ware dienaars “te luister” en hulleself te verootmoedig om van Sy dienaars in die Wêreld van Môre te leer. Ons behoort onsself ook voor te berei. Lees my artikel, “Is u gewillig om te verander?” elders in hierdie uitgawe, om te leer wat elkeen van ons moet doen!

Dit lyk dikwels of die wêreld vlak voor ons oë “uitmekaarval”, soos mnr. Rod McNair elders in hierdie uitgawe, “Die groot verval”, verduidelik. Ja, dinge raak erger en sal steeds erger raak voor die einde van hierdie tydperk. Met verwysing na die einde van hierdie tydvak, sê Jesus: “En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word. En dan sal hulle die Seun van die mens sien kom in ’n wolk, met groot krag en heerlikheid. En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is” (Lukas 21:25-28).

Wanneer ons almal hierdie tekens van die ontsaglike krag van die Grote God sien, wanneer Christus in skitterende heerlikheid terugkeer om oor hierdie wêreld te regeer, kan ons werklik “ons hoofde ophef” en dankbaar wees dat ons gewillig was om die ware dienaars van God aan die einde van hierdie tydperk te wees! Ons kan vir ewig en altyd dankbaar wees teenoor God dat ons geïnspireer is om van ons fisiese hulpbronne te gee om God se kudde te help “voed” en om met toenemende krag die miljoene der miljoene van ons medemense wat vandag leef, soos ware dienaars van die lewende God te bereik! Ten slotte, die planeet Aarde sal ’n ware paradys wees, in teenstelling met die ontelbare menslike utopias wat reeds verwag is, maar misluk het, soos mnr. Richard Ames elders in hierdie uitgawe opmerk in sy artikel, “Wêreldwye Utopia: ’n Onmoontlike droom?”

Die boodskap MOET uitgaan!

Ons behoort selfs kragtiger na vore te beur om hierdie belangrike boodskap te verkondig, omdat die “duisternis” vinnig besig is om oor hierdie wêreld toe te sak. Binnekort, wanneer hierdie dinge gebeur, kan ons vir ewig dankbaar en vol vreugde wees wanneer ons ons Verlosser en ons ouer Broer (Hebreërs 2:11) sien terugkeer om aan ons die gawe van die ewige lewe te gee.

Dit is ons hoop en dit is ’n baie werklike vooruitsig! Soos ons gereelde Wêreld van Môre lesers weet, is die gebeure onmiddellik voor Christus se Wederkoms nou goed op dreef! Ons kan ons dus verbly in Christus se belofte: “Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar” (Openbaring 22:7). Weer: “En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees” (Openbaring 22:12). Laat ons seker wees dat ons “werk” aan ons ’n wonderlike beloning sal besorg wanneer Christus weer kom om vir ewig oor Sy Koninkryk te heers! Ten slotte beloof Jesus: “Ja, Ek kom gou” (Openbaring 22:20).

Laat ons almal “ons bes doen” ter voorbereiding vir hierdie wonderlike gebeurtenis, sodat ons “daar kan wees” wanneer Christus weer as Koning van die konings kom en ons ’n wonderlike beloning kan ontvang vir wat ons in Sy diens aan die einde van hierdie tydperk gedoen het!