Die onderwerp van goddelike genesing is heden­daags ’n erg verwaarloosde deel van die Christenskap van die meeste mense. Dit word selde in die hoof­stroom kerke bespreek.

Waarom? Die hoofrede waarom dit nagelaat word, is omdat ’n baie wesentlike Satan, die duiwel, die oorgrote meerderheid van die mensdom –insluitend die meeste belydende Christeneverblind! Die meeste kerkgangers van vandag bestudeer nie werklik die Bybel nie. Hulle beskou dit nie as die werklike “gesag” in hul lewens nie. Hulle is tevrede om die onderwysing en tradisies van mense te volg – wat dikwels in direkte teenstelling met die Bybel is. Boonop het baie mense “tent­byeenkomste” bygewoon wat deur verskeie “evangeliste” aangebied word, waar luidrugtig geskree word en massahisterie ontstaan, maar bitter min ware genesing plaasvind.

Soos altyd moet ons egter vra: “Wat sê die Bybel in werklikheid? Kan ons hierdie aangeleentheid van god­delike genesing duidelik uit die geïnspireerde Woord van God bewys?”

Ja. Ons kan dit verseker doen! Die Bybelse bewyse is baie duideliker en meer deurdringend as wat u moontlik ooit sou kon raai!

Eerstens moet ons egter vra: “Wat van dokters?” Moet hulle ons hooffokus wees wanneer ons siek is? Wat van die toenemende voorkoms van VIGS, die Ebolavirus, “malkoeisiekte” en die voorkoms van ander siektes wat die dokters nie kan genees nie?

Indien ons Jesus se eie profesieë aangaande die eindtyd siekte-epidemies waarlik glo, beter ons realisties wees oor waarin ons veronderstel is om ons uiteindelike vertroue te stel
Sommige is baie vinnig om hulle vertroue in dokters te stel. “Het ons nie nou penisillien en ander wonderlike middels wat bykans enigiets kan genees nie?”
Nee!

Talle top medici en wetenskaplikes het in onlangse jare berig dat nuwe “superkieme” na vore kom en dat antibiotika en ander middels wat (in sommige gevalle) in die verlede baie suksesvol gebruik is, dikwels nie meer so doeltreffend is nie. Let noukeurig op ’n verslag in die Charlotte Observer van 4 Februarie 2004: “Antibiotika, die middels wat oor die afgelope 60 jaar miljoene lewens gered het, misluk in hul doel en is uitoorlê deur die oudste, mees suksesvolle lewensvorm op aarde, naamlik bakterieë. Die rede hiervoor is die wanaanwending van die einste antibiotika wat geskep is om infeksies te genees. Dekades van misbruik in die behandeling van mense en wanaanwending in die vervaardiging van dierekos, het veroorsaak dat gemuteerde bakterieë floreer en nuwe geslagte super­kieme skep wat onvatbaar is vir feitlik elke bekende antibiotiese behandeling. Om ’n lang storie kort te maak, ons verlossers het ons moordenaars geword .... ‘Die kieme kry die oorhand en ons ondervind ’n gebrek aan geneesmiddels’ sê Barry Kreiswirth, ’n hoof­ondersoekbeampte by die Openbare Gesondheids­navorsings­instituut in Newark, New Jersey en direkteur van die TB Sentrum. ‘Ek bedoel alles loop verkeerd,’ voeg hy by. ‘Ons is oppad terug na 1944, voor penisillien, want ons kan nie hierdie infeksies behandel nie .... Ons skep net hierdie monster’”.

Mediese advies net HALFPAD reg?

Oorweeg ook hierdie sterk stellings van dr. Lisa Sanders, ’n geneesheer, soos berig in The New York Times (16 Maart 2003): “’n Dekade gelede het ek langs my 99 mede-eerstejaars gestaan toe ons in die geledere van die medici opgeneem is tydens die “wit­oorjas seremonie”. Hier, op ons eerste dag van die mediese skool, is ons uitgereik met die kort wit jasse as teken dat ons deel in die geheimsinnigheid en vakgebied van die geneeskunde. Gedurende daardie seremonie het die dekaan iets gesê wat gereeld gedurende my opleiding herhaal is: die helfte van wat ons julle hier leer is verkeerd – ongelukkig weet ons nie watter helfte nie. Op daardie tydstip was dit moeilik om so iets te glo. Binne die perke van daardie mure, in die anatomie laboratorium, in die lesingsaal, voel jy dat daar aan jou geheime geleer word van hoe die liggaam saamgestel is, hoe dit leef, hoe dit werk en hoe dit sterf. Dit gee ’n gevoel van gesag en sekerheid. Soos wiskunde, het dit ’n gevoel van onafwendbaarheid. Nóú, as praktiserende dokter en lektor van hospitaaljaar dokters, herleef ek daardie dekaan se woorde daagliks. Die mediese beroep is en was nog altyd, ’n ontwikkelende vakgebied. Dit beteken dus noodwendig dat dit wat ons van die geneeskunde weet, gedurig verander; dat die mediese beroep voortdurend aannames maak en dit tegelykertyd verwerp. Dit is veral waar op hiérdie tydstip. Feitlik al ons terapeutiese opsies word bevraagteken, geëvalueer en gerevalueer deur navorsers oor die aarde heen”.

Dr. Sanders gee toe dat sommige van die top professore in mediese fakulteite erken dat die “helfte” van dit wat hulle leer, moontlik verkeerd is. Dus, in watter “helfte” gaanu u vertroue stel?

Dink ’n bietjie na hieroor!
Neem daarbenewens ook kennis van die volgende feite in die Public Citizen Newsletter van Julie 2002 (gegrond op opnames wat in die VSA gedoen is):

  • 70% dokters wat Medicare pasiënte behandel, het ’n eksamen oor hul kennis van voor­skrifte aan ouer volwassenes gedruip.
  • Die meerderheid geneeshere wat gevra is om die eksamen af te lê het geweier, dikwels met die verskoning dat hulle “nie belangstel in die vak nie”.
  • 48% pasiënte wat drie of meer middels neem, is middels gegee met een of meer skadelike wisselwerking met ánder middels.
  • Elke minuut word twee mense gehospitaliseer vir ’n nadelige reaksie op medisyne (1,500,000 jaarliks) en daar is elke vyf minute en 15 sekondes ’n sterfte (100,000 jaarliks). Elke drie-en-’n-kwart minuut doen iemand geheueverlies op wat deur medisyne veroorsaak of vererger is (163,000 per jaar). Dit is gelukkig omkeer­baar mits’n mens weet watter middel die oorsaak was.

Genesing, medisyne en gesondheid

“Genesing versus medisyne” is al lankal ’n be­sprekings­punt in die geloofsgemeenskap. Dokters en medisyne is aangeval as boos, tog sê Christus (drie keer: Mattheus 9:12; Markus 2:17; Lukas 5:31) dat geneeshere vir die siekes is en daar word na Lukas verwys as die “geliefde geneesheer” (Kolossense 4:14). Medisyne word geklassifiseer as bose gifstowwe wat die liggaam besoedel en die gebruik van natuurlike middels is beter. Tog word baie medisyne van plante gemaak en hul samestelling is bloot meer bestendig en gekonsentreerd. Mense sal na ’n tandarts gaan, maar weier om na ’n dokter te gaan, alhoewel die tandarts soms dieselfde prosedures as ’n dokter volg.

Mense is meegedeel om aanspraak te maak op God se belofte vir genesing (Markus 1:40–42) en dat swak geloof die oorsaak is as iemand nie genees word nie. Alhoewel Paulus sélf deur God gebruik is om ander mense te genees, het hy God by drie geleenthede om genesing gevra (2 Korintiërs 12:8–9) en maak God bekend dat dit nie Sy wil was om Paulus te genees nie. Paulus “kon dit maak” sonder dat hy genees word. Paulus se ongesteldheid was volgens God se wil en nie te wyte aan Paulus se gebrek aan geloof nie.

Mense word as meer regverdig beskou wanneer hulle sterf met vertroue in God sonder om dokter toe te gaan, eerder as diegene wat op die mediese wetenskap vertrou om ’n lewe te verleng. Aan die ander kant het baie mense deesdae opgehou om hulle enigsins na God te wend – hulle gaan doodeenvoudig na die dokter vir behandeling.

As ’n mens terugkyk, is die idees wat in die geloofsgemeenskap die rondte gedoen het nie altyd konsekwent met wat die Bybel sê nie en blyk daar nie ’n balans te wees in die benadering tot die onderwerp van genesing, medisyne en gesondheid nie. Daar is ’n behoefte aan beter begrip rakende hierdie onderwerpe en verwante Bybelse beginsels.Geloof is natuurlik ’n groot faktor (Mattheus 9:29). Waarin of in wie ons ons vertroue stel, speel ook ’n rol (2 Kronieke 16:12). Advies van ’n dokter met kennis oor die menslike liggaam en siektes, is nie dieselfde as ’n blindelingse vertroue in enige mediese praktisyn nie – die Bybel sê dat daar in die veelheid van raadgewers redding is (Spreuke 11:14; 15:22).

Die Bybel bied verskeie perspektiewe oor genesing. Genesing is God se voorreg. Dit word beskryf as een van die weldade wat God vir die mens beskikbaar stel (Psalm 103:1–5). Dit word ook beskryf as ’n gawe van God (1 Korintiërs 12:7–11). Genesing is die vergifnis van sonde (Markus 2:1–12). Medisyne of operasies genees nie, dit behandel slegs simptome – soms met sukses, soms nie. Goddelike genesing is nie dieselfde as om van natuurlike middele gebruik te maak om die liggaam te laat herstel nie. God genees op Sy tyd en volgens Sy doel, nie volgens ons eise en wense nie.

Genesing het in die eerste-eeuse Kerk ’n groot rol gespeel om aandag op die boodskap wat verkondig is te vestig. Tog toon selfs Edward Gibbon, ’n geskiedkundige, dat hierdie dramatiese verskynsel van genesende krag op die een of ander stadium onttrek is (Decline and Fall of the Roman Empire, hfst. 15). Dit wil blyk asof God tog weer hierdie genesende krag op dramatiese wyse sal uitstort namate ons nader aan die eindtyd en nader aan God beweeg.

Op die keper beskou, is God nie net besorg oor die genesing van ons liggame nie. Hy wil ook hê dat ons ’n sekere lewenswyse aanleer. Indien ons fisiese probleme telkens genees word wanneer ons ’n fout begaan, sal ons moontlik nie die noodsaaklike lesse oor die lewe leer nie, naamlik om ons liggame met wysheid te hanteer en in harmonie te leef met fisiese wette. Wanneer ons siek word, word ons nie net opdrag gegee om gesalf te word en ons na God te wend nie, maar ook om ons lewens en optrede teondersoek waar ons fouteer en om dit dan reg te stel (Jakobus 5:14–16). Genesing is nie net ’n meganisme om ons uit die moeilikheid te help wat ons moontlik op onsself gebring het nie – dit is belangrik om lesse daaruit te leer sodat ons ook andere kan onderrig. Terwyl gebed ’n noodsaaklike deel van genesing uitmaak, word ons ook meegedeel dat “wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom” (1 Johannes 3:22).

Genesing en die Evangelie

Wanneer ons noukeurig let op die bediening van Jesus Christus en die Apostels, is dit duidelik dat goddelike genesing ’n noodsaaklike deel van die verkondiging van die Evangelie uitmaak. Die Evangelie, volgens Mattheus, skets aan ons hoe Jesus Sy bediening begin het: “En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees” (Mattheus 4:23).

U sal oplet dat Jesus voortdurend drie dinge in Sy bediening gedoen het. Hy het:

  1. die Evangelie verkondig
  2. siekes genees
  3. duiwels uitgedryf

’n Voorval in Petrus se huis maak die onderwerp van goddelike genesing vir ons duideliker: “En toe dit aand geword het, het hulle baie na Hom gebring, wat van duiwels besete was; en Hy het die geeste met ’n woord uitgedrywe; en almal wat ongesteld was, het Hy gesond gemaak, sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra” (Mattheus 8:16–17). Hier verduidelik Mattheus dat Jesus se genesing van siekes die Skrif in Jesaja vervul wat aandui dat Jesus, die Messias, “ons siektes dra”. Mattheus haal aan uit die bekende gedeelte in Jesaja 53 wat duidelik die rol van die komende Messias beskryf. Die Messias “was verag en deur die mense verlaat, ’n man van smarte en bekend met krankheid” (vers 3). Die geïnspireerde Jesaja sê verder: “Nogtans het Hý óns krankhede op Hom geneem, en óns smarte – dié het Hy gedra; maar óns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir onsgenesing gekom” (Jesaja 53:4–5).

Die Joodse geleerdes wat hierdie vertaling gedoen het weet hoe om die Hebreeus te vertaal! Hulle dui korrek aan dat Jesus “ons krankhede” op Hom neem. Die oorgrote meerderheid van geleerdes erken dit ook.

In Mattheus 10 vind ons dat Jesus aan Sy twaalf hoofdissipels die gesag gee om te genees en duiwels uit te dryf: “En Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees” (vers 1). Maar baie mense sal vra: “Was dit nie net van toepassing op die twaalf oorspronklike apostels en nie op ons vandag nie?”

Nee! In Lukas 10:1–9 lees ons dat Jesus aan “sewentig ander” hierdie selfde gawe van genesing gegee het! Let hierop: “En in watter stad julle ook al mag ingaan en hulle jul ontvang, eet wat aan julle voorgesit word. En maak die siekes gesond wat daarin is, en sê vir hulle: Die koninkryk van God het naby julle gekom” (verse 8–9). Aan dieeinde van Sy menselewe gee Jesus ook ’n basiese opdrag aan al Sy getroue diensknegte tot in ons tyd. Hy beveel: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word” (Markus 16:15, 17–18).

’n “Teken” van die ware Kerk

Een van die “tekens” van die ware Kerk van God is goddelike genesing! Dit blyk duidelik uit die bediening van Jesus, die oorspronklike Apostels en die “sewentig ander”. Later vind ons dat die apostel Paulus, geroep om die evangelie na die heidene te neem, gereeld siekes gesond gemaak. Handelinge 14 skets ’n voorval waar Paulus, toe hy sien dat ’n kreupele “geloof het om gesond te word, met ’n groot stem gesê: Staan regop op jou voete! En hy het opgespring en begin rondloop” (verse 9–10).

In Handelinge 8:1–7 lees ons dat God se Kerk in Jerusalem vervolg en verstrooi is en dat die dissipels deur Palestina moes reis om Christus se boodskap te verkondig en die mense te leer. Een van hulle, Filippus, is slegs onlangs as diaken ingeseën (Handelinge 6:5). Natuurlik omdat hy groot geloof gehad het – nes sy medediaken, Stefanus (vers 8) – is Filippus gebruik om siekes gesond te maakduiwels uit te dryf en wonderwerke te doen. Let hierop: “En die skare het eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus toe hulle dit hoor en die tekens sien wat hy doen. Want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met ’n groot stem skreeu; en baie wat lam en kreupel was, het gesond geword” (Handelinge 8:6–7).

Die bogenoemde is baie duidelike Bybelse bewyse dat andere – nie net die Apostels nie – gebruik is om siekes te genees en duiwels uit te dryf. Dit was natuurlik deur die krag van Jesus Christus en in Sy “Naam” – Sy gesag – wat hierdie wonderwerke gedoen is. God se Woord sê: “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid” (Hebreërs 13:8). Daardie mag om te genees is vandag nog tot die beskikking van God se getroue leraars, net soos dit was metdie Apostels, die “sewentig ander” en die ander getroue dienaars van God gedurende die Apostoliese Era en, sedertdien, vir diegene wat geloof het in God se Woord!

Let op die volgende openbarende gebeurtenis wat plaasgevind het teen die einde van Paulus se bediening en die Apostoliese tydperk: “En die vader van Públius het siek gelê aan koors en buikloop. En Paulus het ingegaan na hom toe, en nadat hy gebid het, hom die hande opgelê en hom gesond gemaak. En hierna het ook die ander wat siektes gehad het op die eiland, na hom gekom en is genees” (Handelinge 28:8–9). Let daarop dat Paulus Públius “die hande opgelê” het toe hy hom genees het. Dit was die gereelde gebruik van God se ware diensknegte en toon, onder andere, dat God deur menslike instrumente werk.

Ons vind dat selfs Jesus siekes “die hande opgelê” het om hulle te genees (Markus 6:5). Ook toe die Twaalf Apostels uitgestuur is op ’n plaaslike sending het “hulle ... baie duiwels uitgedryf en baie siekes met olie gesalf en gesond gemaak” (vers 13). Dit is belangrik om daarop te let dat die dissipels die siekes “met olie gesalf” het. Die olie self het nie genees nie; dit was ’n “simbool” van die Heilige Gees – ’n herinnering dat genesing deur die krag van die Heilige Gees sal plaasvind.

Die Apostels, soos alle gelowige leraars sedertdien, het vir die siekes gebid, hulle die hande opgelê en ook met olie gesalf. Somtyds het dramatiese genesings plaasgevind wanneer God se diensknegte net die genesing beveel het om plaas te vind, maar “standaard prosedure” vir die Apostels en ouderlinge het die “oplegging van hande” en “salwing met olie” ingesluit. Die apostel Jakobus gee ’n altyddurende opdrag: “Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word” (Jakobus 5:14–15).

Waarom beoefen belydende leraars van Jesus Christus dit nie vandag nie? Waarom word so min belydende Christene vandag bonatuurlik genees?

Die mensdom is VERWARD

Satan die duiwel het die oorgrote meerderheid van die mensdom deeglik verblind – insluitend baie van u wat nou hier lees! God se geïnspireerde Woord beskryf Satan as “die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei [mislei]” (Openbaring 12:9). Later sê God dat Satan met Christus se Wederkoms in die bodemlose put gewerp sal word “sodat hy die nasies nie meer sou verlei ... nie” (Openbaring 20:3).

As die “owerste van die mag van die lug” – die onsigbare heerser oor hierdie aarde (Efesiërs 2:2) – het Satan nog altyd die menslike samelewing en selfs die meeste kerke beïnvloed om aan God te dink as “onwerklik”, “vêraf” en nie as die magtige Persoon wat gereeld in mense se sake kan ingryp en wel so doen nie! Satan is verheug dat sommige van ons aan ons Skepper dink as ’n vae, vêrafgeleë entiteit. As ons wéét dat God ’n werklikheid, ’n dinamiese en kragtige Geestelike Wese is – wat, mits ons geloof het, ons regstreeks kan help en seën en van elke kwaal en siekte genees – sal ons moontlik werklik begin om Hom in waarheid en gehoorsaamheid te aanbid en om tedoen wat God sê! Dit is egter die allerlaaste ding wat Satan wil hê!

Satan die duiwel verblind mense vir die werklikheid van God se bestaan sodat ons Hom nie waarlik sal dien en gehoorsaam nie. Ons sal dus nie waardig geag word om konings en priesters in Christus se eerskomende Koninkryk te wees om Satan en sy demone te vervang as heersers van hierdie aarde nie (1 Korintiërs 6:2–3; Openbaring 2:26–27; 5:10).

Satan beïnvloed die mensdom om ’n ander uitweg van genesing te soek, eerder as om na God op te sien. Hy het die mens in sy soeke beïnvloed – net soos met elke ander aspek van die lewe – soveel so dat die mens na homself en sy eie menslike middele en denkwyse sal wend, eerder as om God se wil en Sy oplossings te soek.

Laat God UIT

Die verhaal van koning Asa word in 2 Kronieke 14–16 vertel. Ons lees dat God ’n profeet gestuur het om hierdie basiese goeie koning van Juda te mee te deel dat: “Die Here ... met julle [is] as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat” (2 Kronieke 15:2). Let daarop dat God nie outomaties altyd “met jou” is nie. Hy is “met” sy diensknegte “as hulle met Hom is”. God sê: “as julle [My] soek, sal [Ek my] deur julle laat vind”.

Hoeveel belydende “Christene” soek waarlik God se wil met betrekking tot “genesing”? Die waarheid is dat die meeste mense nog nooit daaroor nagedink of iets daaroor geleer het nie!

Dit is duidelik dat Koning Asa nie eers daaraan gedink het dat God ook in die prentjie was nie! Hoewel God hom geseën en op baie maniere verlos het, het Asa, toe hy ernstig siek word: “die Here nie geraadpleeg nie, maar die geneeshere” (2 Kronieke 16:12). Die gevolg? “En Asa het ontslaap met sy vaders en gesterwe in die een-en-veertigste jaar van sy regering” (2 Kronieke 16:13).

Die sleutelpunt om te onthou is dat Asa God heeltemal uit die prentjie gelaat het. Dit blyk dat Asa gedurende sy siekte heeltemal vergeet het dat die grote God, die Skepper van hemel en aarde, wat hom tevore al verlos het, enigiets kon doen en verseker “elke siekte en elke kwaal onder die volk [kon] genees” (Mattheus 4:23). Asa het gevolglik as ’n redelike jong man gesterf.

Dan lees ons die verhaal van Ahásia, koning van Israel gedurende die tyd van die profeet Elía. Ahásia het al die kennis gehad om te weet dat God ’n werklikheid is, dat God die Geneser is, want Elía het baie tekens en wonders gedoen wat onder Ahásia se aandag gebring sou word.

Maar toe Ahásia ernstig beseer is, wat doen hy toe? “Toe stuur hy boodskappers uit en sê vir hulle: Gaan raadpleeg Baäl-Sebub, die god van Ekron, of ek van hierdie siekte gesond sal word” (2 Konings 1:2). God se getroue dienskneg, Elía, het hiervan te hore gekom en stuur dié boodskap na Ahásia: “Gaan julle, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? Daarom dan, so sê die Here: Van die bed waar jy op geklim het, sal jy nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe. En Elía het gegaan” (verse 3–4). In vers 17 is die slotsom van die verhaal: “En hy het gesterwe volgens die woord van die Here wat Elía gespreek het”.

Die probleem was grotendeels natuurlik dat Ahásia nie na die ware God gegaan het nie, maar na Baäl-Sebub, die god van Ekron. Dit is belangrik om daarop te let dat Baäl-Sebub ook die “god van medisyne” was. Aanduidings is dat Baäl-Sebub se aanhangers verskeie middels of genesende medisynes toegedien is in hulle aanbidding van hierdie heidense “god”.

Die meeste godsdienskenners erken dat Nuwe-Testamentiese Christene beskou word as geestelike “Israeliete” of geestelike “Jode” (Romeine 2:28 –29). Let op Galasiërs 6:16, waar Paulus aan die Galasiër Christene sê: “En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God!” Indien Christus vandag hier by ons kon wees – in hierdie menslike samelewing – sou Hy nie sê: “Is dit omdat daar geen God in die Kerk (geestelike ‘Israel’) is nie dat julle gedurig na menslike dokters gaan en daarom volslae misluk om na My te kom as julle Geneser?”

Vals “genesers”

Baie mense is bevooroordeeld teenoor Goddelike genesing omdat hulle so baie “sogenaamde kamtige genesers” gesien of van hulle gehoor het. Ongelukkig is daar heelwat slinkse individue wat Christus se naam as “dekmantel” gebruik vir allerlei onbybelse idees en konsepte – insluitend ’n heeltemal verkeerde en soms byna godslasterlikebenadering tot goddelike genesing.

Sommige van hierdie vals leraars hou groot tentbyeenkomste of “genesingsdienste” waar hulle op die siek individu gil en skree asof die krag van hul gillery die genesing sou meebring! Anders as Christus, wat gewoonlik die siek of verswakte persoon weg van die skare geneem het (sien Mattheus 9:25, Markus 7:33), maak hierdie vals “genesers” opsetlik ’n groot vertoon – met baie geraas en ’n singery en met mense wat herhaaldelik “Halleluja!” skree asook ander vreemde optrede wat heeltemal teenstrydig is met dié van Christus en die oorspronklike Apostels.

As jong man het ek persoonlik verskeie van hierdie “genesingsveldtogte” bygewoon wat deur bekende leraars aangebied is. Ek het opreg gesoek na die Waarheid en dit wat sou sin maak. By meer as een geleentheid het ek en ’n paar van my kollege klasmaats noukeurig gekyk om te sien waar die persoon gaan sit nadat hy na bewering “genees” is. In elk en iedere geval was dit duidelik dat die persoon glad nie bonatuurlik genees is nie!

U mag vra: “Hoe is dit moontlik?”
In een geval, byvoorbeeld, is ’n man na die verhoog gebring terwyl die “geneser” luidkeels die gehoor vertel het dat die man “doof” is – hy het duidelik die indruk geskep dat hierdie man “stokdoof” is – glad nie in staat om enigiets te hoor nie. Toe klap die sogenaamde “geneser” met sy hande hard op die arme man se voorkop – stamp hom amper om – en gil tot God om “die dowe gees uit te dryf!”

Met dié vra hierdie evangelis die man luidkeels of hy nou kon hoor. Toe die man sy kop bevestigend knik, gil die evangelis op die skare dat God die man reg voor hul oë “genees” het! Die goedkoop klavier het begin speel en die skare het begin skree en sing: “As ons almal hemel toe gaan ...” Die gewaande “dowe” man is toe van die verhoog af vergesel om sy plek in die skare in te neem. Ek het goed gekyk waar hy gaan sit. Onmiddellik na die byeenkoms het ek na hom gegaan om met hom te gesels.

Ek vra hom toe: “Was u stokdoof voordat daar vir u gebid is?”
Die man antwoord: “O nee! Ek is maar net vir ’n paar jaar al hardhorend”.
Saggies vra ek toe: “Is u dus nou genees?”
“Wat het jy gesê?” antwoord hy. “Ek kan jou nie hoor nie”.

Eers toe ek my vraag harder stel, kon hy hoor. Nadat ek ’n wyle op hierdie trant met hom voort gesels het, was dit duidelik dat hy steeds baie hardhorend was. Hy is definitief nie genees nie! Ek wou egter nie sy “verwagting” – soos hy dit gestel het – dat hy effens beter was, skaad nie en het ek toe vertrek.

Intussen het my twee kollegemaats dieselfde ervaring gehad met die mense wat “genees” is toe hulle na die byeenkoms gesels het. Een van hulle, ’n middeljarige vrou, is in ’n rolstoel op die verhoog gestoot. Die luidkeelse evangelis het die gehoor vertel dat sy kreupel is en “glad nie in staat is om te loop nie”. Toe het hy sy hande op haar voorkop geklap en tot God uitgeroep: “Genees haar nou!”

Sy word toe bykans uit die rolstoel gelig deur twee sterk mans en as totaal “genees” verklaar deur die “magtige krag van God”. Ek en my vriende het egter opgelet dat sy bykans van die verhoog gedra is deur hierdie twee sterk jong manne en nie self kon loop nie.

Toe ons haar uitvra, sê sy dat sy nog altyd “’n bietjie” kon loop, maar dat die flambojante evangelis gesê het sy sal “meer gemaklik” wees as hulle haar in ’n rolstoel op die verhoog stoot. Met sy kragtige aankondiging is die indruk natuurlik geskep dat sy heeltemal kreupel was.

Ek self en andere waarvan ek weet het vele soortgelyke ondervindings beleef. Dit is waarlik gruwelik dat bose mense soms die heilige naam van God sal gebruik om hul eie sak te vul en om onskuldige mense om die bos te lei! Sulke optrede stel godsdiens in ’n swak lig en is geensins ware goddelike genesing nie!

 

Wees gebalanseerd

 

Ons moet egter ’n gebalanseerde uitkyk op hierdie onderwerp hê. Daar is baie wat dokters en tandartse vir ons kan – en dikwels moet – doen. Onder omstandig­hede soos traumatiese beserings, beenbreuke, inwendige bloeding en erge brandwonde is daar baie prosedures wat nodig en geregverdig is vir dokters om na om te sien.

Die mensdom se beste pogings is op sigself nie alles vrugteloos nie. Daagliks word miljoene mense deur hoogs opgeleide geneeshere en ander gesondheids­werkers gehelp. Ons moet nie hiervan vergeet nie! Menige gesondheidsorg werkers is liefdevol en opreg in hulle poging om hul medemens te dien. Daar moet verseker waardering en aanprysing wees hiervoor.

Jesus self sê: “Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is” (Mattheus 9:12). In hierdie vers toon Jesus dat geneeshere ongetwyfeld kan help met siektes en kwale. Sommige godsdiensekstremiste glo dat dokters en medisyne op sigself boos is! Indien dit die geval was, sou die Seun van God nie die bogenoemde stelling gemaak het nie! Die apostel Paulus sou ook nie oor “die geneesheer Lukas, die geliefde” (Kolossense 4:14) geskryf het nie.

Elke ware Christen moet ’n gebalanseerde uitkyk op hierdie aangeleentheid hê. Satan sowel as ons eie menslike redenasie sal dikwels toelaat dat ons van die een na die ander uiterste gaan!

As u die hele Bybel noukeurig en onbevooroordeeld lees, sal u vind dat daar geneeshere soos Lukas onder God se mense was. Selfs Jesus se gelykenis van die “barmhartige Samaritaan” toon dat – in die geval van beserings – dit belangrik is om wonde te verbind en wyn (of ’n ander antiseptiese middel) aan te wend om te verhoed dat snywonde septies word (Lukas 10:33–34). Pediaters kan baie behulpsaam wees met voor­geboortelike versorging en kraamgevalle. In die verlede het sommige “genesers” wat tydens tentbyeenkomste opgetree het asook “trekpredikers” die bogenoemde gedeeltes van God se geïnspireerde Woord heeltemal geïgnoreer.

In vandag se dae ignoreer die oorgrote meerderheid van die samelewing God en neig hul van die een na die ander uiterste! Ja, die oorgrote meerderheid van die “opgevoede” mensdom sien vandag slegs op na dokters, medisyne, pille en ander geneesmiddels as die enigste bron van genesing en laat die lewende God heeltemal uit die prentjie. Hierdie uiterste is, net soos die ander, absoluut verkeerd!

Die International Standard Bible Encyclopedia sit dit as volg uiteen: “Diegene in die Kerk van die Apostels wat die voorbeeld van Jesus en Paulus gevolg het, het dokters en die ontwikkeling van die mediese wetenskap gerespekteer en hulle terselfdertyd tot God gewend en tot Hom gebid vir verlossing van siektes en kwale. So gebruik die barmhartige Samaritaan byvoorbeeld natuurlike middels om wonde te behandel (Lukas 10:34); in Kolossense 4:14 word Lukas die geliefde geneesheer genoem en in 1 Timotheus 5:23 word wyn aanbeveel om maagongesteldhede te verlig. Terselfder­tyd as wat hierdie begrip en waardering vir die mediese wetenskap toegeneem het, het die Kerk haar eie, meer geestelike maniere ontwikkel om siekte en kwale te hanteer. Die twee benaderings is egter nie as onverenigbaar beskou nie, maar eerder aanvullend van aard, omdat siektes nie meer as ’n Goddelike straf vir sondes beskou is nie (volume 2, bll. 647–648).

Doen u deel met WYSHEID

Neem asseblief noukeurig kennis van die volgende paragrawe in ’n onlangse brief aan my deur ’n geregistreerde natuurgeneser:

“In ’n sekere mate is groot dele van die konvensionele mediese wetenskap gegrond op evolusie en sekere foutiewe aannames wat betref die menslike liggaam. Baie Christene is met reg besorg oor dié praktyke, newe-effekte en toenemende koste van konvensionele medisyne. As gevolg hiervan neem sommige aan dat bykans enigiets wat “natuurlike gesondheid” of “alter­natiewe medisyne” genoem word, verhewe is bo konvensionele medisyne.

Dit is waar dat sekere beskouings oor gesondheid in ooreenstemming is met die leerstellings in die Bybel. Ware natuurgenesing (fisiatrie) leer ons byvoorbeeld dat siekte die gevolg is van die oortreding van natuurlike gesondheidswette en dat die liggaam ontwerp is om van bykans enigiets genees te word, mits dit beide verstandelik en fisies behoorlik behandel word. Hoewel fisiatrie egter wel ruimte laat vir goddelike genesing, poog dit amper eksklusief om genesing mee te bring deur fisiese middele (hoewel, in filosofie, hierdie middels in ooreenstemming met God se wet is).

Dit is byvoorbeeld waar dat dit dikwels beter is om vrugte te eet (wat natuurlik egte organiese bioflavonoïede bevat) om sekere soorte kneusings te voorkom, eerder as om ’n kunsmatige chemiese middel te neem wat moontlik nie die oorsaak van die probleem sal behandel nie. Net omdat dit waar is, beteken dit nie dat enigiets wat alternatiewe medisyne genoem word, goed is nie. Sommige alternatiewe medisyne word meer deur gierigheid aangemoedig as in die werklike belang van natuurlike gesondheid (veral in die Westerse wêreld). Net omdat iets na bewering natuurlik is, beteken dit nie noodwendig dat dit veilig, doeltreffend of selfs bruikbaar is nie.

As ’n alternatiewe mediese praktisyn, het ek al wonderlike en blywende resultate met alternatiewe terapie gesien. Ek glo dat alternatiewe medisyne, selfs onder Christene, nie genoeg benut word nie. Omdat konvensionele mediese dokters selde genoegsame opleiding in natuurwetenskap onder­gaan, weet hulle selde wanneer om dit aan te beveel en selfs wanneer dit sal help. Tog het ek ook gevind dat die meeste items wat in die natuurlike gesondheidsgemeenskap bemark word, nie tot verbetering in die gesondheidstoestand lei van die meeste mense wat dit gebruik nie. Ek het ook Christene gesien wat vas oortuig is dat hul persoonlike (en dikwels onakkurate) begrip van die een of ander aspek van alternatiewe medisyne deur almal gevolg moet word waarmee hulle in aanraking kom (en ek praat hier hoofsaaklik van Christene wat nie voltydse alternatiewe mediese praktisyns is nie – en dus nie werklik die nodige kliniese ondervinding het om hul menings mee te rugsteun nie). Moontlik nog meer as konven­sionele medisyne, moet alternatiewe medisyne aangepas wees vir die individu”.

 “Die alternatiewe en konvensionele mediese gemeenskappe sluit wel diegene in wat meer geïnteresseerd is in geld as om mense werklik te help (selfs al besef hulle dit nie altyd nie). Daar is ook in beide gemeenskappe individue (insluitend dokters) met goeie bedoelings, maar verkeerdelik glo dat die een of ander behandeling beslis sal help, terwyl dit in werklikheid verseker nie sal help nie. Veral in die geval van konvensionele medisyne, kan sommige van hierdie behandelings groot skade berokken.

Wees VERSIGTIG hoe u u geld bestee!

Dekades gelede al skryf Herbert Armstrong: “Die ware doel van die dokter moet nie wees om God se voorreg as Geneser op te eis nie, maar om ’n mens te help om natuurwette na te kom deur die korrekte dieet voor te skryf en mense te leer om beter te leef volgens die natuur se wette ... Daar is vandag ’n paar geneesrigtings soos natuurgenesers, osteopate, chiropraktisyns, ens wat die natuurwette toepas in plaas van medisyne voorskryf. Hierdie geneesrigtings mag suksesvol wees of miskien nie, hang af van hulle agtergrond en die vaardigheid van die persoon self”. Hy sê verder: “Daar is ander noodsaaklike funksies vir sekere soorte dokters. Kindergeboorte, byvoorbeeld, isnie ’n siekte waarvan vroue genees hoef te word nie, maar is iets natuurliks wat deur God ingestel is. Dit blyk ook net reg te wees dat ons verloskundige spesialiste moet hê .... Indien ’n persoon ’n arm of ’n ander been in die liggaam breek, is dit sekerlik korrek om na ’n spesialis te gaan om dit te laat spalk. Hy kan dit egter nie genees nie – daarvoor moet ’n mens op God vertrou. U sien dus dat daar ’n aantal funksies is wat menslike dokters of geneeskundiges met reg kan uitvoer”.

Soos waargeneem deur mnr. Armstrong en soos my korrespondent hierná meld, is gesonde oordeel noodsaaklik:

“Alternatiewe medisyne wat op God se wette berus en nie op gierigheid nie, speel wel ’n belangrike rol in die gesondheid van die mens. Dit kan Christene vandag of môre goed te pas kom soos selfs in Openbaring opgeteken: ‘Die blare van die boom is tot genesing van die nasies’ (Openbaring 22:2). Die Bybel maak dit egter ook duidelik dat God ons Geneser is en beveel dan ook: “Beproef alle dinge; behou die goeie” (1 Thessalonicense 5:21). Net omdat iets natuurlik of alternatiewelik is, beteken nie noodwendig dat dit verhewe of die korrekte keuse is vir ’n Christen nie. Maar, net omdat die konvensionele medisynesektor iets goedgekeur, beteken óók nie dat dit verhewe of die regte keuse is vir ’n Christen nie”.

Laat die BYBEL u rigting gee

Die Bybel is die openbaring van God se gesindheid (denkwyse) aan die mensdom – daardie basiese kennis wat die mensdom andersins nie sou opdoen of verstaan nie. Die Bybel onthul die gesindheid van God en sê in Filippense 2:5 aan ware Christene: “Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was”. Dit is noodsaaklik dat elke ware Christen Jesus se denkwyse oor die onderwerp van genesing en, trouens, elke ander onderwerp aanleer. Jesus Christus sê: “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God” (Lukas 4:4). Onthou dat die enigste “Woord van God” wat op daardie tydstip beskikbaar was, dít is wat ons vandag die “Ou Testament” noem.

Selfs in gevalle van ernstige beserings is dit egter noodsaaklik vir ’n Bybelgelowige Christen om ag te slaan op die les van Ahásia. Ware Christene weet dat daar ’n God in Israelis! Indien ons voel dat ons wel die mens se hulp nodig het om ’n been te spalk, wonde toe te werk of ander behandeling deur ’n bekwame geneesheer – moet onsterselfdertyd vir God se ingryping vra vir die behoorlike genesing van die besering. Bo en behalwe wanneer ons ons tot die mens wend wanneer ons gesonde verstand vir ons sê dat die mens wel daartoe bekwaam is, moet ons steeds na God die Vader opsien vir Sy direkte ingryping. Ons moet nooit van God vergeet nie.

Elke Christen moet self besluit tot watter mate hy afhanklik is van menslike middele. Namate Christene in die geloof groei sal hulle toenemend, volgens God se wil, meer goddelike genesing van alle soorte siektes en kwale ervaar, want God word nie beperk nie! Tog moet Christene mekaar nie “oordeel” of veroordeel in hierdie saak nie (Mattheus 7:1). Elke individu het die persoon­like verantwoordelikheid om van mediese hulp gebruik te maak volgens sy eie insig en geloof – nie iemand anders s’n nie. God se Woord sê mos: “Alles wat nie uit die geloof is nie, is sonde” (Romeine 14:23).

Eindtydse SIEKTE-EPIDEMIES

Op hierdie tydstip is dit belangrik dat ons ten volle begryp waarheen ons samelewing op pad is! Elkeen wat die Bybel waarlik glo, weet dat Jesus Christus regstreeks voorspel het dat “pessiektes” – siekte-epidemies – een van die groot tekens sal wees wat Sy Wederkoms sal aankondig (Mattheus 24:7). Vandag is ons in ’n tydperk van die geskiedenis waar die verspreiding van VIGS, die Ebolavirus, “malkoeisiekte” en ander geheimsinnige siektes ’n toenemende bedreiging vir groot getalle van die mensdom!

Tot dusver is daar geen geneesmiddel vir hierdie siektes nie. Slegs die ware God kan hierdie plae genees! Daarbenewens het William Cohen, Ameri­kaanse Sekretaris van Verdediging, so lank gelede as 1997, die groeiende bedreiging van biologiese en chemiese wapens en die maniere waarop dit aangewend kan word beskryf. Cohen sê hierdie dreigement was “nóg vergesog, nóg in die verre verskiet!”

“Die frontlinies is nie meer oorsee nie,” het Cohen gesê toe hy ’n verslag voorlê wat sê dat Amerikaners die slagoffers van so ’n aanval kan word, omdat misdaadorganisasies en kultusse – sowel as politieke state – sodanige wapens kon ontplooi. Hierdie wapens is die ‘arm man se atoombom – goedkoper, makliker om te vervaardig en uiters dodelik’ sê die Sekretaris van Verdediging” (North County Times, 26 November 1997).

Die San Diego Tribune van 29 November 2000 berig dat wetenskaplikes toenemend besorg is oor die waarskynlikheid van biologiese oorlogvoering wat terrorisme natuurlik bevoordeel. Die berig lui: “’n Paneel wetenskaplikes het voorspel dat dit meer waarskynlik is dat plae soos pokke en antraks in terroristehande kan beland namate derdewêreldse lande biologiese oorlogsprogramme implementeer .... Die bedreiging kom deels van lande soos Iran en Irak wat die VSA nie tromp-op kan aandurf nie ... daarom benodig hulle iets anders om die magsbalans te verskuif’, sê Paul Bracken, politieke wetenskaplike van Yale, gedurende ’n tweedaagse simposium oor reaksie op bioterrorisme”.

Wie sal hierdie dodelike siektes behandel indien bioterroriste dit opsetlik versprei en sodoende ons hospitale en noodgevalle afdelings oorstroom met massas verskrikte en desperate mense? Om te herhaal, moenie van God vergeet nie. Namate hierdie era tot ’n einde kom moet ware Christene toenemend besef om meer na God op te sien as hul enigste Beskermer, Verlosser en Geneser! Dit is ’n noodsaaklike stap in die terugkeer na die apostoliese Christenskap van die Bybel – om met ywer te stry vir “die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is” (Judas 3).

Wat IS goddelike genesing?

Baie artikels het in onlangse jare die lig gesien oor verligte dokters en hospitale wat meer as ooit met leraars en “gebedsvennote” saamwerk om behulpsaam te wees in die genesingsproses. Sommige van hierdie artikels is moontlik nuttig, maar ongelukkig word meer klem gelê op die psigosomatiese voordele vir mense om ’n “positiewe gesindheid” te hê, “bemoedig” te word of “hoopvol” te wees. Die klem is nie op ’n almagtige God wat regstreeks ingryp en siektes en kwale bonatuurlik genees nie!

Tog is bonatuurlike genesing presies wat volgens die Bybel in die Nuwe-Testamentiese tye plaasgevind het. Lees gerus die geïnspireerde weergawe in Markus 2:1–12 waar Jesus ’n verlamde man genees: “En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: Seun, jou sondes is jou vergewe!” (vers 5). Toe Hy besef dat Sy luisteraars hierdie konsep vyandiggesind is, sê Jesus: “Wat is makliker, om vir die verlamde te sê: Die sondes is jou vergewe! of om te sê: Staan op en neem jou bed op en loop? Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op die aarde sondes te vergewe – sê Hy vir die verlamde man: Ek sê vir jou: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe. En dadelik staan hy op en neem sy bed op en gaan voor die oë van almal uit, sodat almal verbaas was en God verheerlik en sê: So iets het ons nog nooit gesien nie!” (verse 9–12).

Dit was nie die een of ander “geleidelike” herstel wat plaasgevind het met die hulp van dokters, medikasie en bloedoortappings nie. Inteendeel! God het ingegryp en die strafvir fisiese foute, sondes en roekeloosheid verwyder wat byna altyd die oorsaakvan siektes is. Onthou, soos ons vroeër gesien het, sê Jesaja 53:4 dat Jesus ons kwale op Hom neem.

Net voor Jesus gekruisig is, het Pilatus gebied dat Hy brutaal deur die Romeine gegésel word, soos gewoonlik die geval was met ’n veroordeelde. Hierdie brutale kastyding het gewoonlik geskied met ’n gésel met stukkies glas of metaal voor aan die ente en is ontwerp om die vel te breek om kwaai bloeding en folterende pyn te veroorsaak. Baie mense het gesterf net van die kastyding alleen! Daarom sê Jesaja: “deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom” (vers 5).

Baie belydende Christene onderhou die “Nagmaal”, soos hulle dit noem. Hierdie diens is eintlik ’n verdraaiing van die Bybelse fees wat die “Pasga” genoem word. Ter beskrywing van die belangrikheid van geloof en nederigheid met die neem van die brood en wyn as simbole, waarsku Paulus: “Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink. Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ’n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie. Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ’n aantal het ontslaap” – gesterf (1 Korintiërs 11:28–30).

In die gemeente van Korinte was daar baie “swak” of “sieklike” lidmate, omdat hulle nie geleer is om die werklike betekenis van die brood en wyn te onderskei nie – dat ons Verlosser die verskriklike kastyding moes verduur sodat ons genees kan word. Die gebreekte brood simboliseer Christus se liggaam, “gebreek” vir ons fisiese genesing. Die wyn simboliseer Sy gestorte bloed, gegee ter betaling van ons geestelike sondes.

Dit is waarom – soos Markus 2:1–12 en Mattheus 9:1–8 uitlig – Jesus se genesing van die kreupel man beskryf is as vergifnis van “sonde”! Fisiese genesing en geestelikevergifnis loop hand aan hand in die Bybel. Ons Verlosser, Jesus Christus, het ontsettend gely om beide vergifnis en genesing moontlik te maak. Oor hierdie beginsel lees ons in Psalm 103:1–3: “Loof die Here, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam! Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie! Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees”.

Ons kan nie die Bybelse Pasga na behore beskou sonder om na Christus te kyk as ons Geneser nie, want Hy het die boete vir ons fisiese roekeloosheid en oortreding van fisiese gesondheidswette betaal net soos wat Hy die boete vir geestelike sondes betaal het. So toon Psalm 103 dat beide fisiese genesing en geestelike vergifnis “weldade” is wat deur ’n liefdevolle God aangebied word. ’n Misleide mensdom word egter gewoonlik oortuig om een van hierdie weldade te aanvaar en die ander een heeltemal na te laat!

Lewende GELOOF word vereis

Dwarsdeur Sy bediening sê Jesus dikwels vir individue wat genees wil word: “Laat dit vir julle wees volgens julle geloof” (Mattheus 9:29). Oor diegene wat so getrou en ywerig was dat hulle die “dakplate” van ’n kamer verwyder het sodat die kreupel man by Jesus kon uitkom om genees te word, sê Markus: “En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die verlamde: Seun, jou sondes is jou vergewe!” (Markus 2:5) – en die man is voor hul oë genees.

Namate die voleinding van die wêreld nader kom, soos voorspel, moet ons almal ons gedagtes op die werklikheid van die grote God fokus wat aan ons die lewe gee. Ons moet Sy geïnspireerde Woord, die Bybel, glo. Ons moet Hom glo! Ons moet verstaan dat God nie ’n leuenaar is nie! As Hy ons iets in Sy Woord beloof, sal Hy dit metkragdadige optrede rugsteun – mits ons Hom ten volle glo!

God sê vir ons: “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ’n beloner is van die wat Hom soek” (Hebreërs 11:6).

Bostaande is ’n kragtige stelling! Ek en u kan die ware God nie behaag nie, tensy ons eers leer om Hom te glo – om heeltemal te vertrou op wat Hy in Sy geïnspireerde Woord sê!

Die Bybel beskryf Abraham as die “vader van almal wat glo” (Romeine 4:11). Waarom? Omdat Abraham voortdurend geglo het dat God ’n werklikheid is, dat God se weg regis en dat God sou doen wat Hy  Hy sou doen.

In volle vertroue dat God aan hom en Sara, sy vrou, ’n kind sou gee, selfs op hulle gevorderde ouderdom, sê God: “En sonder om te verswak in die geloof het hy, al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie. En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee en was ten volle oortuig dat Hy ook die mag het om te doen wat Hy beloof het. Daarom is dit hom ook tot geregtigheid gereken” (Romeine 4:19–22).

Ware geloof ontwikkel deur met God te wandel – met God gemeenskap te hê, soos Abraham. Dan ondervind ’n mens dat God waarlik gebede beantwoord en ons seën namate ons volgens Sy wil wandel. Geloof word ontwikkel deur voortdurend op God se Woord “te voed” en God se gedagtes ons s’n te maak. Geloof kom deur die Woord van God te bestudeer of te “hoor” (Romeine 10:17). Dit word ontwikkel deur voortdurende gebed – deur vurige, opregte kommunikasie met ons Skepper. Wanneer ons tot God bid oor al ons behoeftes, moet ons Hom spesifiek vra om ons geloof te laat toeneem. Geloof is ’n “gawe” van God (Efesiërs 2:8). Soos hierbo aangedui, word geloof ontwikkel deur gereeld God se instruksies na te kom – met die gesindheid dat God beter weet, dat Hy Sy Woord sal rugsteun en sorg dat alles vir altyd sal meewerk (Romeine 8:28) vir diegene wat werklik hul vertroue in God plaas. Die uitvloeisel van werklike vertroue in God ten opsigte van sommige sektore in ons lewens, sal meebring dat ons ook op ander gebiede op Hom sal vertrou – insluitend Sy belofte vir genesing.

As bykomende hulp aan elkeen van u in die proses om ’n lewendige geloof te ontwikkel wat ons almal so nodig het, beveel ek graag aan dat u die volgende twee baie nuttige en betekenisvolle boekies bestel deur te skakel of aan ons te skryf: Die Ware God: Bewyse en Beloftes en Twaalf Sleutels tot Verhoorde Gebed. Hierdie boekies sal op versoekgratis aan u gestuur word. Indien u dit werklik bestudeer en die skrifture daarin naslaan sal dit u help om meer bewus te raak van die werklikheid van die ware God en hoe u gebede opreg beantwoord sal word.

Drie Eerstehandse Voorbeelde

’n Aantal jare gelede is een van my kollegestudente – ’n jong getroude man – afwesig van die eerstejaar Bybelklas. Pas na die klas verdaag het, ontmoet hy my in die voorportaal van die gebou, duidelik beangs en bekommerd oor iets. “Wat is fout?” vra ek hom.

“Dis my dogtertjie,” sê hy. “Die dokter het haar bloed getoets en bevind dat sy die dodelike soort rugmurgvliesontsteking het! Hy gee haar nie baie lank om te leef nie. Haar koors is besig om te styg en sy kry kort-kort stuiptrekkings. Kom salf en bid asseblief vir haar!”

Ek het gou my sekretaresse vanaf die naaste telefoon gebel om my afsprake vir die volgende paar uur te kanselleer en die jong man per motor na sy huis vergesel. Die dokter was reeds daar en het gesê dat daar niks meer is wat hy in daardie laat stadium vir die kindjie kon doen nie.

Met ons aankoms, het die moeder gehuil met die dogtertjie wat net daar lê – steeds wakker, maar swak en met ’n koors van oor die 40 grade. Met ’n diepe besef van die erns van die situasie, kniel ek toe saam met die ouers by die dogtertjie se bed, salf haar voorkop met ’n druppel olie uit ’n klein botteltjie olyfolie wat ek altyd by my dra en smeek tot ons God en Vader om haar ten volle te genees en die offer van Jesus Christus aan te wend om haar gou heeltemal beter te laat voel!

Omdat ek geweet het dat, menslik gesproke, die dood baie naby was, het ek baie ernstig tot God gebid – Sy belofte van genesing opgeëis en Hom gesmeek om vir hierdie klein kindjie, wie se lewe pas begin het, genade te hê. Nadat ek die ouers bemoedig het om God te glo, het ek hulle verlaat en na my ander verpligtings teruggekeer. Ek het egter, in my gedagtes, vir die res van die dag aanhou bid oor hierdie situasie en weer die aand net voor ek gaan slaap het.

Laat die volgende oggend ontvang ek die oproep waarvoor ek gewag het! Die kindjie se moeder sê dat die dogtertjie, pas nadat ek haar gesalf het, in ’n diepe slaap geval het. Later in die dag het sy wakker geword en was honger – werklik honger vir die eerste keer in dae. Die koors was weg! Geen stuiptrekkings meer nie. Daarna het sy weer aan die slaap geraak en tot laat die volgende oggend geslaap.

“Sy is nou op en wakker, voel goed en speel pop asof niks ooit gebeur het nie!” sê haar ma. Hierdie kind is vinnig en bonatuurlik genees deur die lewende Christus wat deur Sy marteling namens haar vir haar siekte “betaal” het!

Ek kan breedvoerig skryf oor ’n vrou met ’n verdorde arm wat heeltemal genees is nadat sy ’n gesalfde lappie ontvang het (sien Handelinge 19:11–12). Ek kan skryf oor ’n dame wat borskanker gehad het en die dokters wat moed opgegee het met haar geval en tog genees is net toe dit blyk dat dit amper “te laat” is.

Ek kan ook skryf oor die onlangse genesing van ’n man wat Afrika besoek en ’n soort hepatitis C virus opgedoen het wat dikwels dodelik is. Kortliks, sonder om die hele storie te herhaal, volg hier ’n aanhaling uit sy brief waarin hy sy dank uitspreek vir God se ingryping:

“Geagte meneer Meredith,

Ek het goeie nuus. Soos u sal onthou, kon hulle met my vorige bloedtoets nie die virustelling doen nie, omdat daar nie genoeg van die virusse teenwoordig was nie. My mees onlangse toetse toon dat ek nie meer Hepatitis C het nie. My lewerensieme is binne die aanvaarbare perke .... Ek dank God en bid dat ek die res van my lewe kan benut tot diens en verheerliking van Hom .... Ek dank u weereens vir u gebed van geloof”.

Hierdie is nie sentimentele staaltjies nie; dit is feite. Ek wil hê dat u almal moet weet dat ek baie bewus is daarvan dat mense klaarblyklik ’n ongelooflike on­bewese “getuienis” gee dat hulle genees is. Die voorvalle wat egter hierbo genoem is, was ware genesings – die goddelike ingryping deur die God van die Skepping in reaksie op gelowige gebed.

Ons moet leer om te GLO wat God sê

Ons moet op God se Woord vertrou en daarop staatmaak! God sê: “En die gebed van die geloof sal die kranke red” (Jakobus 5:15). Mag God elkeen van u help met diebestudering van hierdie onderwerp in u eie Bybel. Mag Hy u besiel om tot Hom uit te roep vir die moed en geloof wat u nodig het om Hom te behaag. Selfs wanneer u van tyd tot tyd mediese hulp nodig het, mag elkeen van u leer om God altyd by die proses te betrek. Leer om toe te neem in kennis en geloof. Leer om te glo dat die lewende God kan intree wanneer die mens nie in staat is om te help nie.

Ons moet weereens die profesie onthou wat Jesus Christus Self gegee het toe die Apostels Hom vra: “Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld” (Mattheus 24:3). Onder andere, sê Jesus spesifiek: “Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke” (vers 7). ’n Paar voorlopers van hierdie epidemies mag selfs nou al begin, moontlik binne die volgende paar jaar, met hospitale en dokters wat heeltemal oorval sal wees deur siek en sterwende slagoffers met “ongeneeslike” siektes – na wie sal ons ons wend? Talle belydende Christene dryf die spot met Goddelike genesing en die idee om werklik te glo wat Jesus en die Apostels geleer en uitgeleef het. Sal diegene skielik “godsdienstig” word en terugkeer na die God van die Bybel?

Ek moedig almal van u aan wie se verstand deur God geopen is, om Hom en Sy weë ’n meer werklike deel van u lewe te maak – nou! Wanneer die omvangryke siekte-epidemies begin toeslaan, terselfdertyd as droogtes, hongersnood en selfs ’n gebrek aan voedsel, sal diegene wat reeds geleer het om hul vertroue in die God van die Bybel te plaas, inderdaad geseën word.

Die saak van goddelike genesing hou direk verband met ons algehele geloofstelsel. Het ons geleer om die ware God en Sy Christus te vertrou soos geopenbaar in die Woord van God? Of “kies en keur” ons watter van Jesus se leerstellings en watter van Sy voorbeelde wat Hy gestel het, ons gaan navolg?

Daar is egter ’n woord van waarskuwing: moenie u broeder “oordeel” nie. Soos voorheen gesê, moet elkeen van ons leef volgens ons eie vlak van begrip en ons eie geloof. Enige ware Christen sal God op elke gebied van sy of haar lewe betrek – insluitende genesing. Elke ware Christen moet tot God “uitroep” vir genesing wanneer hy of sy kind of ’n geliefde siek of beproef word. Dan, volgens individuele begrip en omstandighede, mag hy of sy wel besluit om die hulp van ’n dokter of ander mediese professie in te roep. Selfs dán, moet hy ernstig vra dat die waaragtige God ingryp bo en behalwe wat die mens kan doen!

As u die ouer of voog van ’n minderjarige is, mag dit dalk soms vir u nodig wees om beslissende mediese besluite namens hulle te neem. In so ’n geval is dit van kardinale belang dat u God om wysheid vra en die nodige versigtigheid en sorg aan die dag lê. In sommige lande het die wêreldse regerings voorgeskrewe wetgewing om kinderlewens te beskerm en kan u ernstige wetlike gevolge in die gesig staar sou u ’n besluit neem teenstrydig met daardie wetgewing. Indien u ’n kind skandelik of onredelik behandel in die oë van die wêreldse samelewing, of behandeling weerhou wat die mediese professie “nodig” mag ag, kan u selfs onbevoeg verklaar word as ouer of voog en toesig en beheer oor u kinders verbeur. Indien u oortuig is dat u kind nie aan die een of ander mediese prosedure onderwerp moet word nie, mag u oorleg pleeg, nie slegs met ander gekwalifiseerde en geregistreerde medici (wat u opinie deel) nie, maar ook met gekwalifiseerde regsadviseurs, vir die onthalwe van die kinders in u sorg.

God het nie beloof presies wanneer en hoe Hy sal genees nie! Maar, “volgens jou geloof” – soos Jesus sê – en afhangende daarvan of ons ’n egte, gehoorsame verhouding met God het (1 Johannes 3:22), sal God ingryp, ons seën en ons van elke beproewing verlos – insluitende siektes en kwaleAs ons Hom opreg dien en gehoorsaam, is Hy ons “Vader” – ’n baie wesentlike Vader. Daar is letterlik talle voorbeelde en lesse aan­gaande Goddelike genesing in die ware evangelie­bood­skap wat Sy Seun, Jesus Christus, gebring het. Enige sogenaamde “evangelie” wat Christus se voorbeeld en herhaalde onderrig oor Goddelike genesing nalaat is, om die minste te sê, heeltemal onvolledig!

Êrens op hierdie aarde is daar ’n ware Kerk van God wat alles glo waarin Jesus en die Apostels onderrig in gegee het. Dit pas ’n lewenswyse toe gegrond op Jesus Christus se fundamentele opdrag aan die mensdom: “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord van God” (Lukas 4:4). Daarom onderhou hierdie ware Kerk die apostel Jakobus se geïnspireerde Bybelse leerstelling: “Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word. Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag” (Jakobus 5:14–16).

Die Lewende Kerk van God is vasberade om die ware Christenskap van die Apostels te hervestig – die­selfde Lewensweg wat Jesus Christus en die Apostels gevolg en uitgeleef het. Ons glo in die bogenoemde Bybelse leerstelling en die Kerk se leraars pas dit toe deur salwing en gebed. Ons volg ook die Bybelse voorbeeld om, soos die apostel Paulus gedoen het, ’n gesalfde lappie aan te stuur (Handelinge 19:11-12).

Oor die jare het ons duisende gesien wat genees is as gevolg van hulle geloof. Indien u persoonlike gebed nodig het, of graag ’n gesalfde lappie wil ontvang, kan u gerus met die streekkantoor naaste aan u in verbinding tree, die besonderhede verskyn agter in hierdie boekie.

Mag die grote God meehelp dat almal van u duidelikheid het en sal reageer. Mag u leer om werklik die geïnspireerde Woord van God te bestudeer en te glo – ook om te doenwat dit sê. Mag God u lei om met nederigheid vertroue in Hom en die lewende Jesus Christus te plaas wanneer u siek en vermoeid is. Per slot van rekening is God – enslegs Hy – ons uiteindelike Geneser!